Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Lienka

Lienka is 'n lid van die suksesvolle groep ddisselblom wat die afgelope vyf jaar naamgemaak het as 'n oorspronklike Afrikaanse folk-rock groep. Met GMT toekennings vir onder andere Beste Afrikaanse Groep (2003) en Beste Lewendige Optrede (2005) asook Kanna toekennings vir Beste Volwasse Kontemporêre optredes by KKNK (2002, 2004) het die drie permanente lede van ddisselblom besluit om eers 'n paar soloprojekte aan te pak. Die groep het egter nie opgebreek nie, en nog optredes en CD's is in die pyplyn.

Haar debuut CD, getiteld Lienka, is 'n tentoonstelling van haar diverse musieksmaak en ongelooflike talent as sanger. Sy span ook kragte saam met die formidabele stem van Prime Circle, Ross Learmonth, in die duet "What love does". Verskeie liedjieskrywers van haar generasie (insluitend haarself) is ingespan vir hierdie album waaronder Gian Groen, Fanie Fouché, Jaco Spies, J. Oberholzer, Johan Voster en Sean Else tel.

Haar musiekstyl kan die beste beskryf word as volwasse, kontemporêre pop-rock waarvan die inhoud 60% Afrikaans en 40% Engels is. Daar was nie op 'n spesifieke klank besluit met die aanvang van die album nie, eerder was elke lied individueel beoordeel en daarvolgens benader en verwerk. So het dit ook gebeur dat die liedjie, "Somehow my love" Afrikaanse verse, maar 'n Engelse koor bevat.

LienkaMusiekvervaardiger, Juan (Floors) Oosthuizen, se verwerkings en geniale musikale aanvoeling gom die hele projek aanmekaar. Opgeneem en gemeng by Pop Planet Recording studios deur Marius Brouwer, verseker die gehalte en integriteit waarmee hierdie album geassosiëer kan word.
Koop / Buy Lienka ... MP3's ...





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner