AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek SARAH.THERON@DIVA.RSASarah Theron het 'n splinternuwe gatskop-en-streel-konsert, SARAH.THERON@DIVA.RSA. Lynne Poulsen speel klavier dat die biesies bewe en Sarah sing met die doel om jou hart te verlei: van "Pearl's a Singer" tot "Kyk Hoe Glinster Die Maan". Dink jy 'n diva is 'n stewige tannie wat net 'n sekere soort tee drink teen 'n net-so temperatuur uit 'n koppie uit Ingeland? Ag nee wat, dis nie wat 'n diva is nie. Nie vir Sarah Theron nie en beslis nie in Suid-Afrika nie. " 'n Diva," sê Sarah, "is 'n Voortrekkermeisie wat die blues ken, 'n vrou wat weet hoe om gras te sny en huis te verf. Sy trek maar net 'n cocktail-nommertjie aan as sy konsert hou, dis al." Sarah se SARAH.THERON@DIVA.RSA is nie vol fiemies nie. Sy ken haar plek, maar sy ken ook haar kragte. Sy's 'n size-40 vrou, wat dink sy's Barbie. Sy's 'n godin.
SARAH.THERON@DIVA.RSA is 'n meisie wat wragtig nie bang is om 'n noot te vat nie. Hierdie konsert werk soos 'n full body massage. Mens wil sommer jou lewe oor begin en goed wees vir jouself. Besonderhede vir optredes in ons Musiekdagboek. |
Musiek |