AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek The Ten TenorsLiefhebbers van opera, pop en rock melodieë kan gereed maak vir een van vanjaar se grootste musikale hoogtepunte! Oor minder as twee weke land die Australiese supergroep The Ten Tenors hier vir hul heel eerste konserttoer in Suid-Afrika. Die tien aantreklike manne met hul ewe indrukwekkende stemme, sal soos Pavarotti, Carreras en Domingo gehore aan hul voete hę met gunsteling nommers uit hul uitverkoopte vertonings van oor die węreld heen. Hulle hanteer opera arias met uiterste gemak, sing ballades van klassieke crooners soos die sangers van toeka en bewys hul veelsydigheid met hoogs verbeeldingryke toonsettings van pop en rock treffers. Sedert die groep se beskeie begindae as sangstudente in Brisbane het The Ten Tenors al die harte van ontelbare aanhangers verower met hul onweerstaanbare sjarme en pittige humor. Nadat hulle in 2002 as spesiale gaste by die Eurovision Sangkompetisie opgetree het, het hulle internasionaal bekend geword en sedertdien al die verhoog gedeel met beroemdes soos Rod Stewart, Andrea Boccelli, Alanis Morrissette, Willie Nelson en talle ander. Met die węreldwye aansien wat hulle nou geniet, besig The Ten Tenors 'n uitdagende toerskedule en het hulle al 12 CD's en 3 DVD's vrygestel, die jongste is Here's to the Heroes. Plaaslike gehore in Johannesburg en Kaapstad kan beslis uitsien na 'n vertoning gevul met pure charisma, fluweel tenoorstemme en aansteeklike spitsvondigheid.
|
Musiek |