AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Nicodemus OlivierNicodemus Olivier was in die vroeë 1990's een van die eerste bruin studente wat verkies was tot die Studenteraad van die Universiteit van Stellenbosch, het vir 15 jaar lank maatskaplike ontwikkelingswerk gedoen voordat hy begin het met sy professionele musiekloopbaan in September 2006. Nicodemus se Spirit Song is 'n musiekvertoning met stem en klavier, gemik om die oor te streel en die gees aan te raak van beide die musiekkenner en die algemene publiek. Binne die menslike liggaam, anderkant die menslike gedagte wereld, dieper as die menslike emosies, lewe sy kern; die menslike gees. 'n Enkele maal kruis jou pad met 'n lied wat jou tref dieper as bloot jou gedagtewêreld, dieper as net jou emosies, tot binne jou gees. Spirit Song roer nie net nie; dit streel, verfris en lig die menslike gees op. Nicodemus Olivier se liriese tenoor stem bied sy gehoor 'n 50 minuut lange strelende luisterbelewenis met tydlose trefferliedjies, insluitend 2 nuwe liedjies uit sy eie pen. Musiekliefhebbers kan uitsien na treffers soos "Starry, starry night", "Oh Danny boy", "I'll walk with God", "Bridge over troubled waters", "You'll never walk alone", "Ek loop die pad", "Huisie by die see", en vele meer. Met gaskunstenaar Jo-Nette Lekay. Nicodemus wat sy debuut cd getiteld Flying without wings in 2006 vrygestel het, het al as solis opgetree saam met die Kaapse Filharmoniese- en die Western-Cape Pops Orkeste. Nicodemus het ook al in Duitsland en Engeland opgetree, en reeds verhoe gedeel met Amerikaanse ster Jimmy Earl Perry en T Renee Crutcher, die Suid-Afrikaanse groep DNA Strings, en sangers soos Kurt Darren, Nadine Blom, Jennifer Zamudio, Zing-wenners Johnny & Vivian, Ricardo ("I love you daddy"-faam ), sowel as gospel sangers Letitia Roux en Phillipine. Nicodemus het reeds op verskeie regstreeks radio uitsendings opgetree en sy musiek word gereeld gespeel op Radio Sonder Grense, Radio Helderberg en Radio Tygerberg. Nicodemus sing ook eersdaags as gaskunstenaar op die gewilde musiek vasvra program Noot vir Noot op SABC 2. By die onlangse Suidoosterfees in Kaapstad, en die KKNK op Oudtshoorn, het Nicodemus gehore betower met sy strelende stem en sjarmante verhoogpersoonlikheid, en is reeds bespreek om te sing by die Aardklop fees in September. Vir meer inligting, bel 021-856 3677 / 072 855 3119, of stuur 'n e-pos na nicodemus@webmail.co.za.
|
Musiek |