AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek adamsappelAdamsappel is 'n a cappella groep wat bestaan uit nege jong en talentvolle mans wat deur 'n gedeelde liefde vir musiek saamgebind word. Die groepslede is almal graduandi van die Universiteit van Stellenbosch, waar sommiges in die Universiteitskoor gesing het, ander in hul onderskeie koshuise se sêrenadegroepe, en 'n paar selfs hul hand aan solo-loopbane gewaag het. Die groep het offisieël bymekaar gekom aan die einde van 2005, en met 'n hele string uitverkoopte vertonings agter die rug, is hul missie duidelik: om geregtigheid te laat geskied aan hul unieke karakter (en karakters!) deur die krag van musiek te gebruik om magiese oomblikke van intimiteit te skep wat, in herinnering, lank sal voortleef nadat die vertoning verby is. Die term "a cappella" beteken letterlik "in die styl van die kapel", wat op sy beurt weer verwys na sang sonder die gebruik van instrumente. En waarom besluit op hierdie styl? Wel, eenvoudig omdat dit op effektiewe wyse die sonderlinge kombinasie van nege uitstekende stemme en diverse persoonlikhede beklemtoon deur enige potensiële inmenging met die kollektiewe klankuitset te verhoed. A cappella is 'n styl wat die kunstenaar gelyktydig kwetsbaar en oorwinnend maak omdat dit hom vrystel. Adamsappel tree versigtig oor daardie fyn lyn om sodoende 'n delikate balans te handhaaf reg deur hul vertonings. Die appels, soos hul dikwels genoem word, hou baie van die feit dat hul naam iets omtrent hul vokale vermoëns suggereer. Die vorms waarin hul temptasie bied, verskil grootliks van mekaar. Hulle is ewe gemaklik met klassiek en kontemporêr. Hulle doen jazz, en amper enigiets anders, met hope pizzazz. Hul styl verteenwoordig die ontmoetingspunt tussen "hip" en "wholesome". In hul altyd veranderende repertoire sal jy 'n paar "golden oldies" vind wat hand aan hand loop met jonger, minder bekende "underground" nommers. En versigtig versteek, tussen liedere oor die hele spektrum, mag jy selfs van hul eie komposisies vind wat net so na aan hul heupe as aan hul harte lê! Na alles, spesialiseer adamsappel in die vermaak van romantikusse.
|
Musiek |