AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Ek like jou maWie is Mel Botes? Daar's die wat glad nie weet nie en dié wat hom sal onthou as Valiant Swart se kitaarspelerpêl Slab in kykNET se gewilde reeks Song vir Katryn. Dan is daar die bevoorregtes wat hom ken as 'n uiters begaafde liedjieskrywer, komponis, sanger en kitaarspeler uit eie reg; ongetwyfeld een van Suid-Afrika se beste. Op sy vorige albums - David's Confession, Flight of Bird en Oomblik van waansin - blyk sy opleiding in klassieke kitaar en sy bewondering vir Beethoven en Vivaldi. Pink Floyd, Bob Dylan en Mark Knopfler duidelik. Sy nuwe album, Ek Like Jou Ma, is sy eerste kommersiële album. Maar hy sê: "Afrikaans-kommersieel hoef dus nie kommin-kommersieel te wees nie." Die lirieke is nie stereotipiese clichés nie. Kenmerkend van Mel is dit nie eenselwig of vervelig nie. Elkeen wat daarna luister, sal waarskynlik 'n ander gunsteling kies. Daar is weemoedherinnering in "Voor die son" en "Al my liefde"; sexy en gevaarlike meisies in "Ooh la la, Love om my te please" "Baby bly by my" en "Heks van die Sekelmaanvallei". En daar is skreeurock in "Jou ma" (met 'n video wat klaar vir MK geskiet is). Die Afrikaklanke van "Bittersweet" sal beslis voete laat jeuk en elke tipiese Suid-Afrikaner laat verlang na die Bosveld.
Die twee stemme pas so goed bymekaar dat 'n mens wonder hoekom hulle nie al voorheen saam opgetree het nie. Dié liedjie gaan gewis baie gewild wees. Dat Mel 'n meester van die kitaar is, word klinklaar met dié album bewys - gekomplementeer deur Tom Hoare se hartsklavierspel. Met dié album het Mel besluit om terug te keer na die wárm gisterklanke van die kunstenaars en groepe wat hom deur die jare beïnvloed het: Mark Knopfler en Dire Straits, HankMarvin en die Shadows, die Beatles, Bob Dylan, Bruce Springsteen, Tom Petty, ZZ Top, Rolling Stones, Elvis Presley, AC/DC, Stray Cats en Pink Floyd: met 'n titseltjie van almal op dié album benut. 'n Kommersiële album? Dit geld weliswaar in vergelyking met Mel se vorige albums, maar dis ook 'n nostalgiese reis terug in tyd. Mel en Johan (Junior) Botha, klankingenieur en medevervaardiger, is 'n gedugte en bekwame span en hulle het gesorg vir 'n Afrikaanse album van hoë gehalte. Ná dese sal daar nie sekerlik sommer weer gevra word wie Mel Botes is nie!
Koop / Buy Ek like jou ma ... MP3's (net een of almal) |
Musiek |