AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek NaroverturePlaak is 'n nuwe Afrikaanse progressiewe, alternatiewe rockgroep wat pas hulle debuut CD, Naroverture vrygestel het. Alle musiek is geskryf deur Plaak. Die lirieke deur insisevus, is soms sarkasties, humoristies, kritiserend en buitengewoon. Hulle word, deur metaforiese beskrywings, omskep in prentjies en visies waarmee elkeen hulle kan vereenselwig. Die musiek self is cross-over vanaf spaans, russies, funk, rock, en selfs kelties na Afrikaans toe. Luister gerus en besluit self, maar een ding is verseker, pap is nie wors nie en Plaak is meer as 'n sensasie tussen jou tanne ... Die CD Naroverture bevat 10 snitte om vir jou 52 minute van absolute unieke musiek te lewer. Elke snit het 'n defnitiewe begin en eindpunt met die middel van elke liedjie in konteks met die res van die snit. Die lirieke maak deurlopend sin en gaan nie oor snert nie maar eerder meer oor die ernstiger dinge in die lewe. Naroverture is glad nie bedoel vir denklose mense wat net bokkie sokkie musiek soek nie. Dit is gemik na die entrepreneur van kuns, kultuur, musiek en die Afrikaanse taal. Beskou jy jouself as 'n entrepreneur? Dan sal jou versameling nie volledig wees indien jy nie die CD Naroverture besit nie!
|
Musiek |