AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Die Grootste Sokkie Legendes Vol. 2Met 23 reuse-treffers vertolk deur gewilde internasionale en Suid-Afrikaanse kunstenaars bied Die Grootste Sokkielegendes 2 jou 'n wêreld van ritme: snelgenot en lyfstreelverposings. Op dié splinternuwe Select-samestelling word 'n tas vol legendariese sokkietreffers versamel: treffers wat destyds boaan sokkielyste gepryk het en nou weer opnuut aanhang verwerf: treffers van die wêreld en treffers wat ook Suid-Afrikaanse dansvloere behoorlik laat gons - mét, boonop, die jongste Top 20-gunstelinge! Ja - dis álles hier: van "Grace Kelly", "Kids in America" en "Heaven" tot "Vat My Maak My Joune", "Net Die Een Vir My (Maia Hee)" en "'n Duisend Soene". Met die gróót treffers deur Cascada, Whigfield, Kylie Minogue, Bonny Tyler en DJ Sammy. Die Suid-Afrikaanse sokkiesterre - Kurt Darren, Nicholis Louw, Juanita du Plessis, Die Campbells, Ray Dylan en Pieter Koen wys waarom hulle hul dubbelplatinum-, platinum- en gouestatus verdien en al vir van die land se gesogste musiekpryse benoem is - en selfs gewen het! Aan 't supersterre is hier g'n einde: van BZN en Bellamy Brothers tot Smokie. En die treffers sluit ál daardie gewilde sokkiesnitte in: "What is Love", "Think of You", "Summer of '69", "The Locomotion", "Lost in France", "When you with You", "Endless Walk in the Room", "Wheels on Fire", "Tougher than the Rest", "Feel'n the Feelin'", "She's in Love" en 'n Sokkielegendekeurspel met "Queen of Hearts", "You'r My Heart", "You're Road", "Breathless", "The Ketchup Song" in. DJ GK, Nicki Lalo, Irish Gals, One 2 Three en Dance D'Amor my Soul en You Want Love (Maria Maria) dra by tot die sokkievreugdes - van pop en rock tot country en ballades.
|
Musiek |