Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Veiligheid Eerste

Éf-él het vir die 1ste keer geraas gemaak toe hulle aangekondig is as die wenners van 2006 se Rockspaaider. 'n Jaar later is hulle energie aansteeklik en hulle tegniek reeds eie en uniek.

Die 4-stuk , wat ook beste vriende is, bestaan uit Fritz Bucher (sang en elektriese kitaar), Naas van Jaarsveld (agtergrond sang en hoof kitaar), Louw Lensley (agtergrond en bass kitaar) en Jurian Bezuidenhout (dromme).

Fritz is die meester van die lirieke en melodies terwyl die res van die lede hulle insette lewer wat Fritz se gedagtes omskep in meesterstukke.

Éf-él maak klassieke punk rock musiek met ongelooflike kitaar solos tussendeur. One Big Room Studios (waar die album opgeneem is) het dit gelukkig om die CD net soos die lewendige optredes te laat klink.

Veiligheid EersteHierdie groep is ook al bekend agv hulle musiekvideo Elegie wat op MK89 draai en deur die goeroe's van The Machine Room gemaak is.

Die naam Éf-él stam vanaf die naam Finally Legalised, die naam van hulle vorige Engelse band. "Ons het dit verkort na F.L en dit het toe Éf-él geword. Ons het nie geweet 'n Éf-él is 'n kondoom tot ons laerskoolhoof ons eendag vertel het nie," sê Fritz. "Maar ons is deel van die beter boodskap!"

Alhoewel hulle nog sagtebaarde het, het Éf-él al by die KKNK opgetree en speel hulle elke Donderdagaand by die bekende Maloneys in Pretoria.

Hathor Records het onlangs die jong rockers raakgesien en Éf-él staan nou trots langs Klopjag, Jan Blohm en Die Melktert Kommissie onder die Hathor vaandel.

Die debuut album van Éf-él, Veiligheid Eerste, is definitief nie deel van enige formule wat jy ken nie!
Koop / Buy Veiligheid Eerste CD ...
Koop / Buy Veiligheid Eerste MP3's ... (net een of almal)





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner