Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Vat hom pappie

Die musikale grapjas Wicus van der Merwe is terug met nóg 'n gatskopalbum: Vat Hom Pappie! Met die treffers "Vat Hom Pappie", "Jis My Broe" en "Vol Glase" kry jy Wicus van der Merwe op sy beste. Kry jou license, druk hom in die rooi - en rev hom - dagbreek toe!

Eers was daar Hie' Komme Ding, toe Annatjie 4X4 en toe die Live DVD. En nou is daar Vat Hom Pappie. Die album bevat 17 snitte. Anton Myburgh het twee van die liedjies geskryf en een deur André Swiegers. Die ander veertien kom uit Wicus se humorpen. Hy het die lirieke van sewe geskryf en die ander sewe is sy eie, oorspronklike melodieë en woorde.

Anton Myburgh dra die snitte "Inry" ('n tikkie gisternostalgie) en "License" (oor vrouvat-saamblyery) by en André Swiegers wys sy komiese kant op die rock-'n-roll snit "Rev Hom In Die Rooi Frikkie".

En dan doen Wicus sy eiesoortige ding op die res. Die resultaat is Wicus se eiesoortige humor, soos sy aanhangers hom ook as bobaasstrorieverteller leer ken het, Ja, daar is stoute oomblikke, glimlagsopies, dansvloergenietinge en skatergenot.

Wicus van der Merwe - Vat hom pappieWicus vertel stories oor 'n bollerollerbreker Ducktail, oor die gasvryheid van Henties, oor sy hondepêl Bristle en oor 'n ánderse Weskuskrismis. Die humor in die snitte "Vat Hom Pappie", "Koeroe-koeroe" en "Jy Maak My Klaar" is skreeusnaaks.

Hy wys hy's bedrewe as rymkletser op die snit "Kom Swaai Daai Boude-boude" en dan kry die wals 'n partytjiewending op die snit "Skattiebokkieliefding".

Met 'n ligte politiese inslag en tersaaklike sosiale kommentaar in die liedjies "Vol Glasie" en "Ons Kom Tog Almal In Die Hemel" wys dié musikale grapjas ook sy dieper kant. Dié diepte word op die laaste snit deurgevoer na die mooi liefdesballade, "Mis Jou" - wat die fokus na Wicus as ernstige sanger en liedjieskrywer verplaas.

En met die openingsnit "Jis My Broe" gaan die dansvloere vanjaar verniel word! Die regisseurs Byron Kuntz, Andrew Roos, Derick Lennox en Harold Schenk het die snitte onderskeidelik by verskillende ateljees opgeneem om stylsoortigheid te ontgin. Saamgevoeg is dit Wicus van der Merwe se splinternuwe trefferalbum Vat Hom Pappie.

"Kom, ons loop vanaand met hom oop en toe, al springende en singende dagbreek toe. Jis, my broe!"
Koop / Buy Vat hom pappie ... (CD)

Koop / Buy Vat hom pappie ... (MP3's, net een of almal)





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner