Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Kayamandi

Amelia Mulder

Sondagaand, 24 Junie, het 'n musikale hoogtepunt opgelewer met die bekendstelling van Schalk Joubert se album, Kayamandi, by die Klein Libertas Teater in Stellenbosch. Hierdie talentvolle baskitaarspeler is waarskynlik meer bekend vir sy medewerking met kunstenaars soos Laurinda Hofmeyr, Leslie Rae Dowling, Valiant Swart, Lize Beekman en Koos Kombuis. Kayamandi is Schalk se eerste soloprojek en behoort deel uit te maak van elke ernstige Suid-Afrikaanse musiekliefhebber se versameling.

Vir die bekendstelling in Stellenbosch het Schalk liedjies van die album af gedoen saam met 'n paar topklas musikante van Suid-Afrika en oorsee. Dit was 'n estrogeengedomineerde ensemble, met talentvolle pianis en sanger/liedjieskrywer, Melissa van der Spuy, Shannon Mowday, die Standard Bank Jong Kunstenaar pryswenner op saksafoon en penniefluitjie, die ingevoerde talent van Karin Hammer op tromboon van Swede en Hildegum Qiseth op trompet van Noorweë. Lize Beekman en Laurinda Hofmeyr het ook gasoptredes gedoen. Kevin Gibson, wat deur baie mense gereken word as die beste jazzdrommer in die land, was op perkussie en sinsbegogelende solo's.

Schalk en sy band het voor 'n volgepakte Klein Libertas Teater opgetree en die gehoor betower en geïnspireer met plaaslike en oorsese jazznommers. Ek het lanklaas 'n gig so geniet en wou niks mis nie - nie eers vir drankies en geselsies nie! Dit is dus geen wonder dat Joubert 'n Kannatoekenning gewen het vir sy optrede by hierdie jaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees nie. Sy liefde vir ritme is aansteeklik en het die gehoor op hulle voete gehad vir 'n staande applous aan die einde van die show.

Schalk JoubertKayamandi word versprei deur EMI en behoort beskikbaar te wees by alle goeie musiekwinkels.





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner