AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Ek vir jouChris Chameleon se nuwe Afrikaanse album Ek vir jou word op 16 Julie 2007 uitgereik. Chris pas sy uitsonderlike en gemaklike styl toe om `n album te lewer wat `n mens letterlik na aan die hart sal lê. Ek vir jou vertel die verhaal van die verloop van `n verhouding: vanaf liefde met die eerste oogopslag tot die uiteindelike ontknoping daarvan. Elkeen van die 11 liedjies is só geskryf dat dit op sy eie onafhanklik van die ander kan staan, terwyl dit terselfdetyd deel van `n chronologiese verhaal is. Chris se vermoë om emosies en insigte ten opsigte van die verloop van `n liefdesverhouding realisties weer te gee, verleen aan hierdie album `n eerlike en soms selfs humoristiese gevoel waarmee luisteraars sal kan identifiseer. Dit speel heerlik met die veranderende aard van verhoudings: vandag se lied wat die naaste aan jou is sal mettertyd gedaante vind in een van die ander 10 snitte. Ek vir jou word dus `n album waarmee `n mens `n teenwoordige relevante assosiasie kan maak en ook kan assosieer met ervarings uit die verlede en verwagtinge vir die toekoms.
Ek vir jou is Chris Chameleon se derde Afrikaanse album. Die musiekregisseur is Theo Crous en die album is opgeneem by Bellville Studios. Chris Chameleon word tans gereken as een van die belangrikste en gewildste kunstenaars van ons tyd. Chris is binne die afgelope jaar bekroon met die indrukwekkende totaal van 10 toekennings, onder andere `n SAMA Toekenning vir Beste Afrikaanse Kontemporêre Album vir 7 de Hemel en `n Erepenning van die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy bydrae tot Ligte Afrikaanse Musiek. Chris Chameleon reik in September ook`n nuwe Engelse album en DVD uit. Koop / Buy Ek vir jou ... MP3's (net een of almal) |
Musiek |