AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Piano Love SongsSelect-Musiek bied aan: die klavieralbum van die jaar! Dit is Martin Lane se Piano Love Songs - met veertig romantiese musikale juwele op 'n dubbelalbum. Met sy passievolle aanslag neem Martin Lane die luisteraar op 'n reis deur die emosies van die liefde - gevul met byblyherinneringe. Daar is musiek uit blyspele en trefferflieks. Daar is trefferparade-gunstelinge en daar is splinternuwe komposisies. Tussen die luisterryke musiek hierop is Martin Lane se interpretasie van 'n rits Afrikaanse treffers: van Kurt Darren se "Hemel op Tafelberg" en "Staan op" tot Stef Kruger se "Grassade in die wind", Anton Myburgh se "Katrina", Fredi Nest se "Sê my" en Jakkie Louw se "Reën in die Kaap". En dan, vir dié verrassing: Sean Else, Johan Voster en Bok van Blerk se komposisie: "De La Rey" - wat 'n meesleurende stemmingspoetsing kry. Met Martin Lane se vertolking hiervan, skuif die fokus na die klankrykheid van die melodie.
Tussen die ander pragwerk is Tinus Esterhuizen se komposisies: die patriotiese snit "Ode aan Oom Paul" en die ritmiese "Liefdeswals". Die album vier die liefde in al sy stemminge - verklank in uitbundinge ritme en verposende streling. Die klank van die tjello (Wessel Beukes), viool (Janine Marais), kitaar (Jonathan Crossley), kontrabas (Chris Harper) en fluit (Buchanan Marais) bied die doek waarop Martin Lane met die klawers skilder. Martin Lane benader die klavier eiesoortig en benut al die frills en draaie om die omvang en betowering wat die klavierklawers kan bied, ten toon te stel. Geniet 'n stemmingsalbum waarop die liefde vurig verlei. |
Musiek |