AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Kopstories II - NimfolepsieKop is Klierkop en André Strydom as die enigste twee lede van hierdie studio band. Die (baie) 'beknopte verklarende woordeboek in afrikaans' definieer 'n nimf as volg: "'n Mitologiese half-godin wat die see, bome, bosse, riviere, ens bewoon.' Klierkop se vooropgestelde idee oor wat 'n nimf behoort te wees (of miskien eerder moes wees) verskil ietwat van die kenners: 'Noodwendig 'n beeldskone meisie. Maagdelik en preuts, maar tergelyketyd ongeerg, eroties-tergend en koggelend in haar onbewuste uitlokkende handeling. Hierdie simboliese en mitologiese verskynsel is slegs vaagweg bewus van haar omnipotente mag oor die manlike spesie, en skep dikwels die indruk van onbetrokkenheid en afsydigheid teenoor haar bewonderaars. Onaangeraak deur omstandigheid of tyd behou sy nimmereindigend haar nimflike status'. Die kruks van die saak is dat (volgens die definisie) die 'nimf' (alhoewel onmeetbaar begeerlik) vir altyd buite die bereik (en kloue) van werklikheid bly.
In essensie is sewe van die tien snitte op die cd dan liefdes liedjies, wisselend van oormatiglik makaber ("Verse") tot oorbodig melankolies ("Dit Wat Ek Wil Hê"). In "Dit Wat My Kop Laat Tick" vertel hy van dinge wat hom in die lewe motiveer, en in "Bedroef" verlang hy eweneens na vergange dae. "Swartryp" skep die platform van wat 'n mens te wagte kan wees in KOPstories III - Apoptose. (Wat beloof te wees 'n meer introspektiewe en somber werk). Die CD is opgeneem in Modyrts studio (2005 / 2006), en die opname, verwerking en meestering van die musiek was behartig deur André Strydom.
|
Musiek |