AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek InsaneOp die aand van November 19, 2005 verloor 'n 21-jarige meisie uit 'n middelklas woonbuurt haar kop. Haar naam is Anjee. Anjee se reis begin by die Monkey Asylum, waar dokters haar in 'n 'straight jacket' in forseer. Anjee het haar kop verloor en liefde het haar grootste vyand geword. Hulle het haar kom haal. 6 jaar, 6 maande, en 6 dae vroeer, het Anjee die onweerstaanbare musikant, 12, ontmoet. Sy het onmiddelik verlief geraak op hierdie Rock 'n Roll god. Alhoewel 12 nog onbekend was, het almal reeds besef dat hy die grootste ster ooit gaan wees. Anjee het alles vir 12 gegee, haar liefde, vertroue, vriendskap en meestal ... haar siel.
12 was weg en het Sin City toe getrek om sy Rock 'n Roll drome uit te leef. Op die aand van 12 se vertrek, het Anjee waansinnig geraak! Insane is die klankbaan vir Anjee se 2 jaar in die Monkey Asylum waar sy vir verskeie toestande behandel word. Die nuwe vol-lengte album Insane van die Kaapse rockgroep 12th Avenue is uiteindelik hier. Hierdie album is die opvolg van hulle EP Crazy. Dit is 'n konsep album wat die storie vertel van twee fiktiewe karakters: 12 en Anjee. Die groep is deur hul helde soos Queen, Kiss, U2, Iron Maiden en ander beroemde groepe beïnvloed om 'n album van massa proporsie te skep. 12th Avenue is al saam sedert 2003. In 2005 het die groep saam met Mob Entertainment hulle suksesvolle EP Crazy vrygestel. Koop / Buy Insane ... MP3's (net een of almal) |
Musiek |