Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Goud en Marog

Almal weet van Geblikte Afrikaans en deesdae is die blikbesigheid ddisselblom se Record Label. Die oorspronklike lede is Jaco Spies, Johrnč van Huyssteen en Lienka Coetzee. Na twee jaar met 'n baskitaarspeler en drummer is die afdeling ook volgemaak met nuwe gesigte en talent. Riaan Diedericks is die nuwe drummerface op die CD en AJ Hymann op baskitaar. Die twee musikante is reeds ingeburger in die klank en vibe van wat ddisselblom bied, en die nuwe CD is 'n klinklare bewys daarvan. Die nuwe baskitaarspeler is ook 'n kranige liedjieskrywer en doen al one-man shows vir jare, so die liedjieskrywers in ddiselblom het gegroei van drie tot vier. Daar kan nie veel van die drummer gesę word nie, maar as jy hom in aksie sien kan daar nie te min gesę word nie.

Lienka is definitief die een met die stem in die groep en het alreeds saam met Gian Groen, Mel Botes, en Karla du Plessis gewerk. Daar is op die album Goud en Marog twee Engelse liedjies wat sy self geskryf en verwerk het. Luister mens daarna is dit doodnatuurlik om te besef dat daar selfs as solo kunstenaar, 'n groot toekoms wag. Nadat Jaco en Johrnč al meer as vyf keer saam vir televisie oudisies gegaan het, was Johrnč die gelukkige een om aanbieder van Gons te word. Gons is 'n musiekprogram op Kyknet wat dit kon regkry om met die top musikante in die land te werk, Engels en Afrikaans.

Goud en MarogDie eerste CD van ddisselblom was 'n aanmekaarflans van drie uiteenlopende style en opgeneem oor 'n tydperk van 'n jaar en 'n half. Die album se verkope is al oor die 13 000 en verkoop nog elke maand konstant. 2004 het na die hoogtepunte van 2003 'n hupstoot gekort en saam is besluit dat 'n tweede CD nodig was. Nadat twee lede verander is het die klank wat ddisselblom het soveel meer vibe gekry dat die besluit vir die tweede CD verseker die regte een was. Die CD is opgeneem by Andrew Roos se ateljee in Ermelo. Die kreatiewe atmosfeer, die grote Andrew himself en die nuwe songs was genoeg motivering om aande deur te werk en na twee maande sit hulle toe met 'n finale produk.

Exposure van Bloemfontein se hulp is ingeroep om met die ontwerp te help en selfs die ontwerp is op 'n ander vlak as wat verwag is. Die eerste vyfduisend van die nuwe CD's kom in 'n kartonboksie formaat uit en is visueel ongelooflik mooi en professioneel. Danksy Millers Genuine Draught as hoofborg kon ddisselblom werklik uit hulle pad gaan om standaarde weereens 'n bietjie te lig. Hulle pronk nie net met 'n nuwe CD nie, maar ook met 'n Mercedes Sprinter. So die toere gaan nou eers begin.

Koop / Buy Goud en Marog ...

Koop / Buy Goud en Marog ... MP3's (net een of almal)





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner