Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Vrouestemme blink uit

Die Vivacious Voice 'Maak lawaai!' Nasionale Liedjieskryfkompetisie het verlede week gesluit, en die organiseerders het hulle hande vol gehad met inskrywings vanuit die verste uithoeke van Suid-Afrika.

Die wenner is Emily Bruce (foto) van Heathfield, Kaapstad.

Die organiseerder, Philip de Villiers van Vivacious Voice sê van die wenner: "Emily Bruce verpersoonlik lewenslustigheid. Sy weet hoe om haarself te laat geld deur melodie, harmonie en liedjie-struktuur. Sy is die perfekte ambassadeur vir Vivacious Voice." Hy sê ook "die standaard van die inskrywings was baie hoog. Dit wys net hoe baie weggesteekte talent daar in Suid-Afrika is, vereral vroulike talent - 4 van die hoogste posisies word beklee deur vroulike liedjieskrywers!"

Die vier top posisies is beklee deur: 1ste prys: Emily Bruce van Kaapstad. 2de prys: Sammy-jo Riley van Johannesburg. 3de prys: Leslie Kasumba van Johannesburg. 4de posisie: Plamena Dimova van Kaapstad. Die liedjies is onder andere beoordeel op grond van rym-keuse, geloofwaardigheid, gebruik van beeldspaark en kommersiële vatbaarheid. (Die kriteria het 34 komponente bevat). Twee van die beoordelaars, Sheryl Deane en Eugene Lebreton, albei agente in die musiekindustrie, het seker gemaak dat net dié wat die potensiaal toon om hulle brood en botter uit dié kunsvorm te verdien, as wenners aangewys is. Die komponis Godfrey Johnson het 'n wakende oog gehou oor die kwaliteit van melodie en akkoordprogressie.

Die wenliedjie, "Bloodstained and Bruised," (luister na al die wen-inskrywings by www.vivaciousvoice.com) is in 'n opgewekte, parmantige jazz-liedjie oor onbeantwoorde liefde.

Emily BruceDie wenner Emily Bruce (27) kom van Heathfield, Kaapstad, die onbetwiste middelpunt van jazz in Suid-Afrika. Sy het die Vivacious Voice Nasionale Liedjieskryfkompetisie gewen met "Bloodstained and Bruised," 'n opgewekte, parmantige jazz-liedjie. Sy voltooi tans haar graad in jazz by die S.A. Musiek-kollege. Sy tree gereeld op in en om Kaapstad, en sy is gereed om die wêreld te verower met haar musiek. Sy is ook 'n talentvolle aktrise, visuele kunstenaar en 'n ontluikende saksofoonspeler.

Sy sê, "Ek het grootgeword met gospelmusiek in die kerk - langs my Ouma aan't praise en worship, of psalms met harmoniëe gesing saam met my ma terwyl ons rondgery het in die motor. Tuis het ons geluister na die Carpenters, Donald Fagan, Chicago en Bread. Ek het in 1998 verlief geraak op Ella Fitzgerald en Sarah Vaughan se sang en so my ware liefde ontdek - jazz. Ek word vandag sterk beïnvloed deur die Kaapse musikante met wie ek gereeld werk - kitaarspeler Alvin Dyers wie my grootste inspirasie en mentor is, kitaarspeler Wayne Bosch, alt en tenoor saksofoonspeler Mark Fransman, tenoor saksofoonspeler Buddy Wells en pianis Andre Petersen. Elke keer as ek saam met hulle optree, groei ek as musikant."

Emily het pryse gewen ter waarde van meer as R23 000:
R10 000 kontant
'n Songwriter's ToolkitT Korrespondensie Liedjieskryf-kursus, en 'n Penguin Rymwoordeboek en Tesourus, ter waarde van R3000
'n Nag se verbly in die wittebrood suite van die Cape Diamond Hotel ter waarde van R1800, aandete en ontbyt ingesluit
'n Publisiteit-fotosessie van Riana Stander ter waarde van R3500
R5000 se aanlyn advertensie-ruimte van Overtone
Aansienlike publisiteit in die Suid-Afrikaanse media

Volgens Philip de Villiers gaan die volgende Vivacious Voice Nasionale Liedjieskryfkompetisie veel groter wees. "Hierdie was 'n effektiewe proeflopie om te sien of daar belangstelling is in die skryf van liedjies in Suid-Afrika. Volgende jaar sal die kompetisie baie meer momentum hê, veral as ons groter borgskappe kan verseker. Ek hoop dat die kompetisie sal voortbou op sy prestige, en 'n jaarlikse instelling word."

Vivacious Voice loods eersdaags 'n kompetisie vir liriek-skrywers, die Vivacious Voice 'Woeker met woorde' Nasionale Liriekskryf-kompetisie. Vir meer inligting skakel 082 6211 305 of e-pos info@vivaciousvoice.com





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner