Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

High on Life

Lara Frances se debuutalbum High on Life is `n verfrissende mengsel van Afrikaanse en Engelse pop en nu-folk -liedjies.

Met haar kenmerkende helder stem, intelligente lirieke en stylvolle verhoogpersoonlikheid, is sy reeds deur die vervaardigers van Noot vir Noot raakgesien en het sy as gaskunstenaar in die program opgetree in Julie.

Dié student in bedryfsielkunde is "iets in die twintig en ten volle tweetalig" en dit is daarom dat haar album soomloos tussen Afrikaans en Engels beweeg. Die bindende faktor is 'n jong vrou se ondervinding van die lewe en die liefde sonder om te soetsappig te raak.

Die titelsnit, "High on Life", is pure pop wat met sy onweerstaanbare wysie haar "New Age Madonna" onafhanklikheid vier. Daar is verskeie sterk radio-liedjies waarmee Lara 'n wyer gehoor bereik met die res van haar eklektiese musiek. Die titelsnit "High on Life" is reeds op verskeie radiostasies te hoor.

High on Life - Lare FrancesDaar is ook 'n paar akoestiese liedjies waarop Lara self die kitaar nadertrek. 'n Liefde wat sy om kampvure op die strand aangeleer het à la Jack Johnson en Tristan Prettyman. Lara Frances se liedjies balanseer intensiteit en welsprekenheid met kreatiewe vaardigheid en eerlikheid. In kort, `n Vurige mengsel van delikate musiek.

Koop / Buy High on Life ... MP3's (net een of almal)





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner