AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Stellenbosch lovesongJak de Priester vier sy vyfde jaar in die musiekbedryf met die vrystelling van sy vierde album getiteld Stellnbosch lovesong. Daar is 12 nuwe liedjies uit Jak se pen en dit is duidelik hoe hy in vyf jaar gegroei het en ongetwyfeld sy identiteit en stem gevind het. Die musikante wat die afgelope drie jaar saam met hom op die verhoog te sien is, speel vir die eerste keer op sy album en dit skep dadelik daardie bekende Jak de Priester-gevoel. Liefde in al sy aspekte maak deel uit van die tema's waaroor hy skryf, asook sy komiese blik op die lewe in die algemeen. "Ai Britney" en "'n Helder sonskyn dag" is twee voorbeelde van hoe Jak die algemene lewe in perspektief plaas.
Daar is ook twee Engelse liedjies op die CD, "Coffee in my car" wat oorspronklik vir Jacaranda 94.2 se Breakfast Show geskryf is en "Run", 'n lovesong wat sy oorsprong het in 'n leë woonstel in 'n groot, besige stad. "Spoor" is 'n eerlike liefdesbetuiging. 'n Pragtige en desperate lovesong. Stellenbosch lovesong is vol ervaring en begeester van emosie. Koop / Buy Stellenbosch lovesong ... Koop / Buy Stellenbosch lovesong ... MP3's (net een of almal) |
Musiek |