Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Wegkruip Tussen Lyne

Die komponis/digter en ontwerper se debuut-album wegkruip tussen lyne is bloots, gesofistikeerd en vars. Met meer as dertig teater optredes in sy sak het André G. Nel homself reeds in die Suid-Afrikaanse musiek industrie begin vestig. André het sopas sy self-ontwerpde 12-snit album - wat 10 Afrikaanse- en twee Engelse snitte bevat - by die Centurion Teater vrygestel. Heelparty van die snitte (Afrikaans en Engels) geniet reeds lugtyd op verkeie radiostasies, waaronder Jakaranda, RSG, 94.7 en Rippel FM.

Diane de Beer, joernalis van Pretoria News, skryf kort na sy CD-vrystelling: 'Andre's magic lies in the lyrics, the poetry of his words, the music and a unique delivery.'

André G. Nel het reeds in 1999 sy eerste optrede by die Moonbox Teater gehad en sy gedig "Duisend" is ook intussen deur die SAMA-bekroonde Anna Davel getoonset en op haar album Te Diep opgeneem.

Alhoewel André die meeste snitte self geskryf het (uitsluitend "Voshaarnooi") en die uitvoerende vervaardiger van die album is, het hy Suid-Afrika se top musikante ingewin om te verseker dat die album, wat hy ook self gefinansier het, 'n kragtige, oorspronklike en top-produksie is. Wegkruip tussen lyne is vervaardig en verwerk deur Juan (Floors) Oosthuizen en die produksie en opname was behartig deur Marius Brouwer. Beide was betrokke by albums van kunstenaars soos Nataniël, Nianel, Heinz Winkler en Lize Beekman. Ander musikante wat betrokke was by die vervaardiging van die album sluit Vinnie Henrico, Devereaux van der Hoven, Jaco du Plessis en Susan Mouton in.

Andre G Nel - Wegkruip tussen lyneDie genre kan beskryf word as pop-folk en daar kan sterk ooreenkomste en invloede van kunstenaars soos Kerkorrel, Koos du Plessis, Stef Bos, Tori Amos, Alison Krausse en Coldplay gehoor word.

André G. Nel is in 1973 in Pretoria gebore en het op Middelburg grootgeword. Hy het by die Universiteit van Potchefstroom sy graad in grafiese ontwerp en kommunikasiekunde verwerf en is onlangs aangestel as hoof van die Grafiese Ontwerpafdeling by 'n argiteksfirma in Pretoria.

André G. Nel het al die verhoog met kunstenaars soos Anna Davel en Bianca la Grange gedeel en het verskeie kere by teaters soos Centurion, Lier, Dorpstraat en Moonbox opgetree. Hy het ook 'n baie suksesvolle solo-verskyning met Single White Male by KKNK in 2001 gehad. Sy ander optredes was onder meer by Déjà vu, Shelanti, Blue Crane, Lucit Candle Garden, Stellenbosch Woordfees 2007 en Etali Lodge (Nedbank Corporate), om 'n paar op te noem.

Sy televisie onderhoude sluit in Kwela (KYKNET), Gons en Jip (op MK89) en die video's van beide "Hou my vas" en "Jy't my naam vergeet" draai op MK89. Sy radio onderhoude sluit in Radio Helderberg, TUKS FM, 90.6 FM Stereo, Radio Rippel asook MFM. Sy eerste tydskrif onderhoud is in Get It se Mei-uitgawe van 2007.

Sien uit na 'n oorspronklike, passievolle album, verpak in 'n aantreklike 40-bladsy boekie!

André G Nel is ook 'n bekroonde grafiese ontwerper, en is onlangs aangestel as hoof van die Grafiese Ontwerpafdeling by Mathews And Associates Architects cc (kliek hier om voorbeelde van sy werk te sien). 'n Paar van sy kliënte sluit in Anna Davel, Annake de Villiers, EMI (Steve Hofmeyr, Nedine Blom, Danie Niehaus en Pieter Smith), Revlon, Edrien Erasmus, Pieter Mathews, Bettie Cilliers-Barnard en Rooirose Supermodel.

Koop / Buy Wegkruip Tussen Lyne ... MP3's (net een of almal)





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner