AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Draadkar oor die seeDraadkar oor die see is Lize Beekman se vierde CD. Twaalf nuwe snitte (plus 'n lewendige opname as bonussnit) en Lize se eiesoortige stem en styl, maak van hierdie CD 'n trotse toevoeging tot die Afrikaanse musiekbedryf! Al die musiek op Draadkar oor die see is deur Lize self geskryf en,soos in die geval van haar vorige CD Iemand het Gesę, is al die snitte (buiten die bonussnit) in Afrikaans. Die musikante op die CD word ook allerweë beskou as ons land se voorstes: Juan Oosthuizen op kitare, Denny Lalouette op baskitaar, Vinnie Henrico op dromme en perkussie, en Marius Brouwer op klawerbord. Draadkar oor die see bied 'n mengsel van ligte rock (soos die titelsnit "Draadkar oor die see", "Twee Keer" , "Onder Soms Bo" en "Te Lank Al"), folk ("So Waai Die Wind Koos" & "Hierdie Dag"), toonsettings van ons voorste digters se werke ("Aandag Van Jou Oë" deur Petra Müller en "Intimiteit" deur Antjie Krog) en ballades. Die bonussnit, "Anna", is 'n lewendige opname saam met Gloria Bosman. Draadkar oor die see handel tematies oor die afstand tussen mense, die reise wat hulle aflę om bymekaar uit te kom , en die reis wat elkeen ook aanpak om hulself te vind.Met behulp van dieselfde span wat ook saamgewerk het op Iemand het Gesę (Juan Oosthuizen as vervaardiger en Marius Brouwer as klankingenieur), word hierdie temas vervleg met hoogs-luisterbare musikale verwerkings,treffende lirieke en uitstekende klankgehalte.Die eindproduk is 'n CD waarmee jy kan saamsing, waarop jy selfs kan dans, maar wat jou ook iets meer gee om oor na te dink.
Koop / Buy Draadkar oor die see ... Koop / Buy Draadkar oor die see ... MP3's (net een of almal) |
Musiek |