Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Intervensie

Die nuwe vollengte album Intervensie is presies wat die naam sę: 'n ingrype wat progressiewe SA Rock in 'n nuwe rigting stuur. Geen kitssatisfaksie of voorspelbare riffs wat gelepelvoer word nie.

Met Intervensie skep Foto na Dans `n eie, nuwe klank. Foto na Dans neem hulle reeds gewilde musiek `n stap verder met `n  verskerpte musikale aanslag. Hul klassieke opleiding is duidelik hoorbaar en dit stel hulle in staat om deur die aanwending van elektroniese elemente 'n simfoniese klank aan hierdie rock album te verleen. Hierdie is 'n karaktervolle album wat tyd neem om haar sluier te lig. Die begin is 'n klassieke overture. En dan (presies op 1 minuut en 28 sekondes in die tweede snit - "Oorywerige gelowige") skop die volle momentum in: van hier af word vooroordele, persepsies en konvensies eenkant gegooi met vernuwende akkoord-progressies, verpak in voorstuwende progressiewe Rock. Die dinamika in die verwerkings sal sorg dat jou emosies jou op 'n trip  vat - 'n reis deur die landskap van die tussenwęreld.

Die lirieke is deur Le Roi en Neil geskryf. Lirieke is soms net as katalisator vir denke gebruik, eerder as om 'n defnitiewe boodskap oor te dra. Dit verleen aan die liedjies `n universele gevoel. "Die lirieke gaan oor dinge wat ons ontstel. Dinge wat jy nie noodwendig wil bespreek met ander nie, aangesien dit dikwels te persoonlik is, alhoewel jy weet dat ander mense al in dieselfde relatiewe situasie was."

Intervensie - Foto na DansFoto na Dans het, vandat hulle eerste kortspeler in Januarie 2007 uitgereik is, landwyd begin opslae maak. Met hulle buitengewone energieke optredes, eerlike lirieke en eiesoortige musiekstyl, verteenwoordig Foto na Dans die nuwe jong Afrikaanse bewussyn. Liedjies vanaf Intervensie was reeds die afgelope paar maande tydens optredes uitgevoer en as mens na die gehore se reaksies kyk, is dit duidelik dat Foto na Dans bestem is vir groot sukses.

Koop / Buy Intervensie ...

Koop / Buy Intervensie ... MP3's (net een of almal)





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner