AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek 'n Heerlike klassieke keuseAlita VorsterDie keuses wat gemaak is vir vanjaar se klassieke program tydens die Aardklop Kunstefees beloof klassieke musiek van die hoogste gehalte. Met Blondes, Beethoven en Abba gaan Zorada Temmingh en Elna van der Merwe behoorlik weer die klaviere laat dreun en Zorada beloof dat almal die uitvoering, beslis met 'n warm gevoel om die hart gaan verlaat. Hierdie slag is die groot meester Beethoven aan die woord. Sy musiek is heerlike stormagtig en virtuoos met groot akkoorde. Van die bekendste Beethoven melodieë, soos "Ode to Joy", sy Vyfde klavierkonsert en Vyfde klaviersonate gaan gehoor word. Dis 'n heerlike verwerking van die melodieë met hier en daar 'n heerlike-tong-in-die-kiesverrassing. Met die klassieke musiek van Beethoven het jy beslis 'n glimlag op die gesig, met hier en daar ietsie donker. Die twee blondines se vertolking van Abba, word gedoen met volle begeleiding deur Steve Coltrini op tromme en liedjies soos "SOS", "Money Money" en "Thank you for the music" gaan beslis die voete laat jeuk. Zorada Temmingh se virtuositeit word ook tentoongestel in The Four Horsemen of the Apocalypse. Die gelyknamige swart en wit stilfilm uit 1921 kry lewe wanneer Zorada 'n klankbaan daarvoor skep. Dit vertel die verhaal van 'n gesin uit Argentinië waar een dogter met 'n Duitser en een met 'n Fransman trou. Wanneer die gesin na Europa terugkeer is dit die tyd van die Eerste Wêreldoorlog en dit vernietig dan die gesin wat in twee kampe is. Zorada se klankbaan bevat tipiese Argentynse musiek, soos die tango maar daar is ook Duitse en Franse volksmusiek wat gehoor word. Haar musiek laat die karakters praat en die film lewe en geen toeskouer kan emosioneel koud bly nie. 'n Heerlike musikale duo wat gehoor kan word is die Tjello-Klavierduo van Polina Burdukova (tjello) en Kerryn Wisniewski (Klavier). Polina het in 1991 saam met haar ouers uit Rusland na Suid-Afrika ge-emigreer en het tjello onderrig in Engeland en Rusland ontvang. Die Cello-Piano Duo Recital Series bestaan uit twee dele. Die eerste deel is The Russian Giants waarin werke van moderne Russiese komponiste soos Prokovief, Schnittke en Shostakovich gespeel word. Schnittke se werk word vir die eerste keer in Suid-Afrika gehoor. Die tweede deel is getiteld The Romantics en bevat die musiek van Romantiese komponiste soos Brahms, Schumann en Grieg. Hierdie vertoning is 'n unieke, gelyke vermenging van die twee instrumente wat mekaar baie goed komplementeer. Tien jaar nadat sy haar Suid-Afrikaanse buiging met die eerste Aardklop Kunstefees gemaak het , is die Oostenryker Julia Malischnig terug in Potchefstroom met haar akoestiese kitaar. Haar program, Klassieke Snare, bevat werke uit die klassieke kitaartradisie, bekend en minder bekend. Hierin bewys sy egter haar virtuositeit op die kitaar. Die bekende klassieke kitaarmusiek wat sy speel gaan gemaklik op die oor val en dan is van die nuwer werke beslis heerlik uitdagend. Musiek van Sylvius Weiss en Johann Mertz, Isaac Albéniz, Federico Torroba, Isaac Albéniz Federico Torroba, Astor Piazzolla en Maximo Pujol kan gehoor word. In Schwanengesang lewer André Serfontein 'n uitvoering van Franz Schubert se laaste veertien liedere wat bekend staan as die Schwanengesang. Hierdie Lied-siklus, met lieder soos "Ständchen" en "Der Doppelgänger", is die saamgestelde tekste van drie digters. André Serfontein is by vorige vertonings in die Kaap met staande toejuigings vereer. Bernarda Vorster (klavier) doen die begeleiding tydens Aardklop. |
Musiek |