Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Vir Volk en Vaderland

Die storie van Akkedis begin vroeg in die Negentigs, toe die tweelingbroers Arthur en Rudi Dennis saam op Youngsfield Lugmagbasis hulle militêre diensplig gedoen het. Alhoewel hulle al van kleintyd af kitaar en dromme speel, het hulle hier saam begin liedjies uitwerk, kitaarspeel en sing. Dit het gelei na hulle eerste optrede in 'n klein plekkie in Melkbosstrand onder die naam van die Dennis Broers.

Na hulle uit die weermag uitgeklaar het, het die broers na Stellenbosch verhuis, waar hulle 'n gereelde Donderdagaand gig by die Terrace gespeel het. Dit is waar hulle stadig begin naam maak en later 'n getroue groepie volgelinge opgebou het. Alhoewel die grootste gros van The Twins, soos hulle toe bekend gestaan het, se materiaal populêre Engelse liedjies was, is die liedjie wat meeste aangevra was een van hulle eie. "Dronkwees", 'n ligtelike, dog bittersoet kyk na die pyn en plesier van jonk en dronk wees, het menigtemale laatnag saamsingsessies uitgelok.

Die keerpunt van die Dennis broers se musiekloopbaan was toe Frank Frost, organiseerder van die '96 Hangklip Rockfees, hulle gevra het om op te tree, op voorwaarde dat hulle net oorspronklike Afrikaanse liedjies sing. Dit was die ontstaan van Akkedis.

Die groep bestaan nou uit 4 lede, Barry Steenkamp op baskitaar, Swart Gabriel op saksofoon, Arthur op lead en Rudi op dromme.

Die naam kom van 'n opmerking dat hulle "so platsak soos 'n akkedis op 'n klip is." Hulle het die naam gekies omdat hulle graag ekslusief in Afrikaans wou begin sing en skryf. Akkedis se musiek is 'n mengsel van rock, blues en reggae, met sterk melodië en harmonië. Die musiek spreek van 'n groot liefde vir Afrikaans en die goeie lewe.

Vir volk en vaderlandDie groep het baie ondersteuning van plaaslike musiekante gekry. Pierre "Valiant Swart" Nolte is 'n jarelange aanhanger en ook die persoon wat Wildebeest Records oortuig het om Akkedis se eerste CD, Husse met Lang Ore, op te neem. Hy het ook die produksie van die CD waargeneem en op 'n paar van die liedjies gespeel. Albert Frost, hoofkitaarspeler van die Blues Broers, het ook 'n groot musikale bydrae gelewer. Koos Kombuis is nog 'n groot aanhanger. "Hulle speel 'n paar van my songs beter as ek," bieg hierdie vader van Afrikaanse musiek.

Optredes by groot feeste soos Wingerdstok, Oppiekoppie en Kaktus op die Vlaktes het hulle baie volgelinge gewerf. Akkedis is veral beïndruk met gehore in die Noorde. "Hulle is fanaties. Hulle cheer as die ouens iets goed op hulle instrumente doen en sing ons liedjies saam," vertel Arthur.
Koop/Buy Vir Volk en Vaderland

Koop / Buy Vir Volk en Vaderland ... MP3's (net een of almal)





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner