Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Ons eie Loslappies Vol. 3

Hier is 25 volbloedmanne - Suid-Afrikaanse helde - met musiek wat die ritme gryp, die lyf verlei, harte breek en die lagspiere prikkel. Party van die latte knák die treffersparades met spoed en party is opwindende nuwe snare. Almal is vokale sterre! Hulle is Ons Eie Loslappies! Met SA se smeulprinse, poprockridders en paartieprinse.

Dis 'n lewenslustige lotjie dié, gesnaar met avontuur, gesprinkel met humor en gepoets met romanse - én hulle wikkel duike in dansvloere en treffersparades. Hulle bied twintig kontemporêre popliedjies op Select-Musiek se album Ons Eie Loslappies 3 : 'n vurige tentoonstelling van die land se gewildste en beste manlike kunstenaars.

Die sterre is groot: van Kurt Darren, Nicholis Louw, Dozi, Bok van Blerk, Chris Chameleon, Robbie Wessels, Valiant Swart, Ray Dylan, Pieter Koen, David Fourie en Stefan Ludik.

Die manne sing oor en vir girls, hulle bieg, smeek, skerts en verpoos. Hulle raak ernstig en wil vergewe word, want dan sou dit mos cool wees. Ja, dis lekker-lekker!

Ons eie Loslappies Vol. 3Ook met die werk van Fredi Nest, Wicus van der Merwe, Jakkie louw, Mel Botes, Jacques de Coning, Freddie Mong, Desmond Wells en die jeugdige stingels Hi-5.

Staan 'n bietjie nader, vat my vas en wys my hoe - asseblief, my lief! Doen dit op die maat van Select-Musiek se geroomde album Ons Eie Loslappies 3.

Lek maar jul lippies af, katjies! Dis is smulgoed dié!
Koop/Buy Ons eie Loslappies Vol. 3





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner