Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Christo & Cobus

Die broers Snyman se loopbane was al amper vir hulle beplan nog voor hulle gebore is. Wat anders kan drie seuns doen as hul ma in 'n boeremusiekgroep gespeel en hul pa as musiekonderwyser opgelei is? "Ek het klavierlesse begin neem toe ek ses was," vertel Christo.

 

Cobus is twee jaar jonger as ek en sy hande kon nie by die note uitkom nie. Ons pa, Nick, het vir hom 'n kitaartjie gekoop en hy het nog dieselfde jaar by sy kleuterskool in 'n konsert opgetree. Ek het begin kitaar speel toe ek tien was."

Die twee broers was in die Natalse Jeugkoor en het 'n draai in die lugmag se Kanaries gemaak. "As musiek eers in jou bloed is ..." sê Christo en laat die sin in die lug hang. "Dis 'n passie. Om musiek te maak is 'n voorreg en kunstenaars moet dit nooit vergeet nie. As dit soos werk begin voel, moet jy ophou."

Hul pa het nooit musiek gegee nie hy was generaal in die polisie - maar hy het sy twee oudste seuns na 'n David Kramer-konsert geneem wat Christo se lewe verander het.

"Net daar het ek besluit het ek wil 'n lewe van musiek maak," vertel hy. "Om te sien hoe hy sy musiek na mense bring, het my oë laat oopgaan.

"Destyds het my skoolmaats almal na groepe soos Wham! en Twisted Sister geluister en hulle het erg gefrons as ek met my David Kramer-plaat onder die arm op 'n partytjie aankom."

En met hulle nuutste CD 7 X 70 bewys hulle dat hulle seker vir ewig die partytjie aan die gang kan kry en hou.
Meer besonderhede in ons Musiekdagboek ...





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner