AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sęgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . SubrosaSubrosa, wat beteken "onder die rose" in Latyn, is 'n vierstuk groep van Gauteng. Die naam kom vanaf 'n oer oue assosiasie tussen 'n roos en vertroulikheid. Die legende lui dat Cupid vir Harpocrates, die god van stilte, 'n roos gegee het om hom om te koop om nie Venus, die godin van liefde, se vertroue te verbreek nie. Op grond van die konnotasie is baie Romeinse onthaalsale versier met rose om gaste te herinner dat dit wat sub vino (onder die invloed van wyn) gesę word ook sub rosa is. Die idee vir die dramatiese kunswerk op Subrosa se vollengte album kom vanaf die konsep. Die ontwerp is grootendeels verwant aan die romantiese gotiese tydperk in die kunste en vang ook baie suksesvol die essensie van die musiek vas omdat dit juis donker en alternatief is. Die groep se grootste musikale invloede is Nirvana en Jimi Hendrix maar ten spyte hiervan dra elke lid ook sy eie klanke en geure by tot die gevoel van die musiek. Op die uiteinde is Subrosa se musiek 'n mengsel van sagte melodieuse kitare en aansteekilke riffs. Snitte soos "So Called Life" en "Like a Brother" gaan oor die ernstiger dinge in die lewe soos die dood en geloof terwyl die ander snitte meer eenvoudige en eerlike, reguit lirieke het.
Hierdie is een geheim wat nie sub rosa moet bly nie! |
Musiek |