AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Skaars David Kramer weer beskikbaar'n Groot deel van David Kramer se musiekversameling is uitgereik lánk voor die bestaan van CD's. Dié van ons wat 35-plussers is, het in die vroeë tagtigs saamgesing met David se klassieke langspeelplate se treffers soos "Stanley en die Koei" (van die album Hanepootpad) , "I'm a Rooker" (van die album Delicious Monster) en "So long Skipskop", van die album Baboondogs. Vir jare lank was hierdie liedjies nie op CD beskikbaar nie. Omdat talle van sy klassieke albums nie op CD heruitgereik is na die éra van viniel nie. Dit sluit in albums soos Baboondogs (wat nou nog beskou word as een van dié seminale Suid-Afrikaanse albums van die 1980's), Hanepootpad, Kwaai, Eina en Delicious Monster. Dis nou al 'n hele klompie jare dat mense voel dat al Kramer se werk so 'n belangrike bydrae tot Suid-Afrikaanse kultuur is dat dit ondenkbaar is dat dié erfenis verlore kan gaan deurdat die ou vinielweergawes nie op CD's verewig is nie. Gelukkig is daar verblydende nuus: Kramer se hele katalogus en al sy vorige albums is nou uiteindelik digitaal beskikbaar by www.rhythmonline.co.za teen R7 'n liedjie.
Baboondogs is in 1986 uitgereik toe die politieke onrus in die apartheidsjare op sy felste was. Om nou weer daarna te luister, skop 'n mens opnuut in die maag. Dit was die album waarop Kramer "So Long Skipskop" die eerste keer opgeneem het. Die feit dat die musiek nou nog steeds, 21 jaar later, drakrag en trefkrag het, bewys die onderliggende tydloosheid van Kramer se werk. Die volgende ou David Kramer opnames is nou weer beskikbaar in MP3 :
|
Musiek |