Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Duisend Ure

Teen dié tyd weet almal al van die jong, aantreklike superster wat soos 'n kloon van Brad Pitt lyk.

Ja, Bobby van Jaarsveld het geen bekendstelling nodig nie en net waar hy kom word hy oorval deur bewonderaars. En met rede. Want buiten dat hy lyk soos iemand wat pas uit 'n Hollywood-film stap, sing hy tot diep in 'n mens se hart met sy ongekunstelde, gemaklike stem.

Hoewel hierdie debuutalbum van hom reeds vroeër vrygestel is, het Bobby en sy span dit 'n splinternuwe baadjie aangetrek en al die liedjies hierop is van vooraf opgeneem - met net die beste musikante in die land deel van die produksiespan - van Blackie Swart op kitare, tot Zak van Niekerk met sy mondfluitjie, Stef Kruger op tromme, Ricus Nel op die klawerbord en Anneke Visagie as agtergrondsanger. Die liedjies "Duisend Ure" en "Waar is jy" is splinternuut en vir die eerste keer deur Bobby opgeneem.

``Ek is verskriklik trots op hierdie `nuwe' album. My stem het intussen heelwat meer volwasse geword en die hele produksie is uiters professioneel en afgerond,'' vertel Bobby met 'n glimlag.

Duisend Ure - Bobby van JaarsveldDie album Duisend Ure bevat 12 lekkerluisterliedjies met wysies en lirieke wat 'n mens bybly. Bobby het self sy pen ingespan en drie van die liedjies geskryf, terwyl daar ook skeppings van Charles Smith, Riku Latti, Anton Myburgh, Stef Kruger en Valiant Swart gehoor kan word.

Een liedjie wat beslis as 'n treffer uitstyg, is Riku Latti se breinkind "Waar is jy". Die bonussnit, 'n duet saam met sy suster Karlien van Jaarsveld, "24 Uur" is ook besonders. En sy "Neil Diamond-medley" laat die nostalgie dik in die lug hang.

En as jy steeds nie oortuig is nie, luister maar net self ...
Koop / Buy Duisend Ure ...





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner