Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Canciones en Españolas

Die opera-ster Zanne Stapelberg span saam met die kitaar-virtuoos James Grace vir 'n weergalose musikale ervaring van Canciones en Españolas (Liedere in Spaans).

Bekende en eksotiese klassieke klanke word in kontemporêre Spaanse liedere saamgevleg tot 'n kleurryke spel tussen lig en donker. Intens, speelvol, passievol en magies - Canciones en Españolas bevat eg inheemse Spaanse melodiee van Enrique Granados en Manuel de Falla, asook musiek van die Argentynse tango-komponis Astor Piazzolla. Daar is ook musiek van Sting, Bryan Adams en Lila Downs vanaf die rolprentklankbane Frida en Don Juan. Verdere hoogtepunte is 'n verwerking van Harold Arlen se "Somewhere over the rainbow" deur die jong Suid-Afrikaanse komponis Braam du Toit en 'n nuwe komposisie deur die bekroonde komponis Matthyys van Dijk - 'n toonsetting uit die Boek van Vrae van Pablo Neruda.

Zanne StapelbergZanne Stapelberg het oor die afgelope paar jaar bekendheid verwerf as klassieke kunstenaar met ongekende populêre aanhang. As een van die veelsydigste verhoogkunstenaars in die land, was sy ook eerste op Insig se lys van die tien teaterhoogtepunte van 2006.

James Grace is die hoof van klassieke kitaar aan die universiteit van Kaapstad en is ook die wenner van die Suid-Afrikaanse Nasionale Kitaarkompetisie.





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner