Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Love Songs

Ná die welslae van Phantom of the Opera en The Musicals bied die bekroonde sanger André Schwartz nóg 'n album wat gestempel is met sy vokale sjarme. Dié gehalte-album versamel innige liefdesliedjies wat die tydtoets deurstaan het, en word skitterend vertolk deur een van die land se beste ligte tenore.

André, wat eweneens reuse-welslae met sneltempo-musiek verwerf het, bied hier 'n toonkas van tydlose, wydtreffende musiek. Met gebalanseerde, kommersiële sprinkel behou hy sy vokale integriteit: stylvol en meevoerend - met 'n kragtoer op die snit "Remember me". Tussen die romantiese juwele is gunstelinge soos "Because it's love", "Come what may", "It must have been love", "Sacrifice" en "Yesterday". Hy verleen eiesoortigheid aan sy gevoelvolle vertolkings van "Once in every life", "Let the river run", "Spanish eyes", "Remember me" en daardie ritmiese klubvreugde "Can't take my eyes off you".

In Afrikaans imponeer die klassieke gevoel van die snit Dis jy, die briljante interpretasie van "Liefling" (in smeul duet met Sarah Theron), die Afrikaanse huldeblyk "Diana", ter ere aan dié prinses se huldigingsjaar en, veral, die goedvoel-nuutskepping "Jy's altyd daar" - oorspronklike werk deur Marc Brendon, Don Kelly én André.

Vier regisseurs - Harold Schenk, Christie Schutte, Robin Kielly en Didi Kriel - het die luisterryke verwerkings en produksie behartig. Die orkestrasie - met strykers, klawers, kitare en tromme - komplementeer André se vokale fluweel.

Love SongsAndré Schwartz se album Love Songs is 'n tintelende tentoonstelling van emosie en nostalgie.


Koop / Buy Love Songs ...





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner