Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Afrikaanse Treffers Gaan Klassiek Vol. 2

Daar is die jongste treffers van Bok van Blerk, Kurt Darren, Nicholis Louw & Shine4, Juanita du Plessis & Theuns Jordaan, Jakkie Louw, Fredi Nest en Chris Chameleon. Daar's die nostalgie van Gé Korsten, Laurika Rauch, Carike Keuzenkamp, Bles Bridges, Anneli van Rooyen, Gert Vlok Nel en Johannes Kerkorrel.

Die gewildste danstreffers - van "Net die een vir my (maia hee)", "Aleen leen leen", "Sê my" en "Drie pikkewyne" - kry die klassieke poets. Pragballades - van "De la Rey", "Jou skaduwee", "Sterredank", "Kaapse draai", "Beautiful in Beaufort-Wes", "Ballade vir enkeling", "Al lê die berge nog so blou" en die instrumentale komposisie "Vyfster" (deur Lloyd Ross)- word swierig uitgevoer. En die tydlose gunstelinge "Stuur Groete aan Mannetjies Roux", "Hier is 'n mens", "Sproetjies", "Hoeka toeka", "Ek lewe", "Ruiter van die windjie" én "Die Bloubul" het nog nooit só statig geklink nie!

Sónder die vokale betowering waarmee dié Afrikaanse juwele bekendheid verwerf het, skuif die fokus na die musikaliteit daarvan: puik komposisies uit die pen van Johan Voster & Sean Else, Steve Hofmeyr, Koos du Plessis, Kurt Darren, Don Kelly & Marc Brendon, Anton Goosen, Gert Vlok Nel, Christopher Torr, Juanita du Plessis, Richard van der Westhuizen, Suzelle Eksteen & Jan Combrink & Jakkie Louw, Fredi Nest en Chris Chameleon.

Die verwerkings van dié luisterryke konsep (deur Johan Hanekom) is behartig deur Elben, Christie en Juliet Schutte en Francois Lessing. Die musikante is Eclips, Juan "Floors" Oosthuizen, Andrew Webber en Cobus Schutte ...

Afrikaanse Treffers Gaan Klassiek Vol. 2Die orkestrasie is ruimtelik groots. Elkeen van dié tydlose juwele word gepoets met klanksuiwerheid. Herontdek gister se treffers en ervaar die huidige treffers in 'n skoonheid soos nog nooit tevore gehoor is nie! Geniet musikale betowering: dit is trots Afrikaans in enige musiektaal - universeel en kontemporêr tréffend!
Koop / Buy Afrikaanse Treffers Gaan Klassiek Vol. 2 ...
Koop / Buy Afrikaanse Treffers Gaan Klassiek Vol. 2 MP3's ... (net een of almal)





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner