AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . Sit die ketel aanSarah Theron het haar deur die jare gevestig as een van die land se puikste kabaretsangeresse; 'n talent wat sy met vaardigheid as aktrise in die rol van Baby Botha in Egoli - Plek van Goud op M-Net versmelt het. Nou bied sy musiekliefhebbers 'n gehalte-album met aangename luistermusiek. Sarah het die lirieke van ses van die liedjies geskryf en drie komposisies saam met Andries Botha gedoen. Die album bevat ook werk wat spesiaal vir dié album geskryf is deur Fredi Nest, Wouter van de Venter, Rian Swanepoel, Alistair van Huyssteen, Johan Groenewald en Nic Stevens. Daar is liedjies oor die liefde ("Ek glo in jou", "Gee my nog 'n kans" en "Ek soek jou hier by my"), oor nostalgiese herinneringe ("My ouma Sêra", "Ek mis jou so" en "Daai blou kitaar"), spesiale oomblikke (die ritmiese "Elke liewe ding" en die inkyksnit "Granate pluk & sonskyn"). Tussen die radiovriendelike werk hierop is die snitte "Sit die ketel aan", "My ouma Sêra", "Ek soek jou hier by my", "Daai blou kitaar" en "Die windpomp". Saam met die snitte "Engeloë", "Dirkie (how I hate to see you go)" en "Daai blou kitaar" voeg sy puik kontemporêre liedjies met 'n jazzerige, blues-stemming aan die Afrikaanse musiekskat toe. Sarah buig haar hees altstem laer en hoër in uitdagende, meevoerende stemgimnastiek en stel haar wêreldklasstem ten toon op onder meer die Bette Midler-keurspel met die treffers "From a distance", "The rose" en "The wind beneath my wings". Tussen die ander toonsnitte is haar duette met Kurt Darren ("Separate lives") en die Egoli-ster Michelle Belling ("Wie kyk dan nou"). Op die kommentaarsnit Kom ons neuk die wêreld op kyk sy met ánder oë na die mens se vernieting van ons grootste gawe. En sy voltrek dié album met haar kragtig- meevoerende akoestiese vertolking van die tydlose treffer "Dankie". Dit is Sarah Theron in 2007: byderwets kontemporêr, wydtreffend en áltyd 'n vokale diva! Konsertbesprekings |
Musiek |