Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sÍgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Kom kry vir jou

Fredi Nest se loopbaan het die afgelope twee en 'n half jaar ongelooflik gegroei. Met sy album SÍ My en die treffers "SÍ My" en "Getoor" in 2005 het Šlles verander. Dit het hom goue status besorg met verkope van verby die 25 000-kerf.

Toe volg die album Hey DJ in 2006 wat hom vanjaar 'n SAMA-toekenning in die afdeling beste Afrikaanse country-album (ťn goue status) besorg het. Diť toekenning erken Fredi se vaardigheid as sanger ťn skrywer van oorspronklike musiek en liriek.

Op sy splinternuwe album, Kom Kry Vir Jou, het Fredi 15 van die 18 liedjies geskryf, twee saam met die trefferliedjieskryfduo Marc Brendon en Don Kelly. Hy doen ook op diť album 'n roerende vertolking van die BeeGees se treffer "Words".

Die album wemel van potensiŽle treffers. Daar is sokkiegenietinge ("Jy mag maar", "Kom kry vir jou", "Netnou", "Laat die wiele draai", "Wie's bang" en "Rev haar in die rooi in"), countryliedjies ("Doen wat ek doen" en "Brother come home"), poprock ("Lady of my nights"), ballades ("Kom na my toe", "Meer as net 'n vrou", "As", "If" en "Words") en 'n knŠp rugby song.

Die ritmenostalgie van die liedjie "Net in Afrikaans" is bestem om vanjaar 'n reuse- dansvloerknakker te word. Die album bevat ook een van die sterkste bewustheidliedjies: "Kyk wat maak Afrikaners nou" (met twee weergawes: 'n jolige polka en 'n aanhitsende mars).

Dit is Fredi se sterkste tweetalige kommersiŽle album nůg: polsend en kitaargedrewe met groot verwerkings deur Robyn Kielly, Byron Kuntz en Christie Schutte.

Die resultaat is 'n album met wydtreffende hoofstroomgewildheid, trots gepoets met ritme-ontvlugting en liriekdiepte. Met spatsels pop en rock, country en selfs kontemporÍre gospel.

Dis 'n eerlike album met stukkies lewensrealisme deur 'n bedrewe musikant, 'n man, 'n minnaar, 'n pa: 'n mťns wat die beste vir homself, sy geliefdes en die land se mense wil hÍ. Hy besef die antwoorde lÍ gesetel met die oŽ gerig na Bo.





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner