AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . Rock Daai Lyfie Vol. 2Die eerste aflewering in dié CD-reeks moker steeds duike in die land se dansvloere. En nou is daar sommer al klaar weer 'n album wat selfs meer skade gaan berokken. 'n Klomp eertydse rockgunstelinge wat steeds vars vroetel, pryk saam met van die jongste rockknakkers. Laat die adrenalien pomp met Cascada se "Kids in America", Nicholis Louw se "Poison", George X-Long se "Pour some suger on me" en DJ Euro se "I want to break free". Koel 'n effe af met Smokie se "Hungry eyes" en daai ander gunstelinge, "Every breath you take" en "Forever young". Shine 2 ("Ietsie binne my"), Valiant Swart ("Vreemde landskap"), Mel Botes ("Jou ma") en Ray Dylan ("Die hemel treur") bied puik rock in Afrikaans. Tussen die ander rockgunstelinge is die snitte "Livin' on a prayer", "Dressed for success", "From yesterday" en "Heaven".
|
Musiek |