Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .
Oorgee
Oorgee, die nuwe album deur Helenè Bester, is 'n positiewe klankprentjie oor die liefde
en die lewe. Met ligte ritmes, sorgelose vrolikheid en innige hartstog ...
Daar is boeiende orkestrasie in lig, klassieke styl.
Heidi Edeling en Christie Schutte het die vars produksie met radiovriendelike
luistermusiek behartig.
Laat die lig en sonskyn in jou lewe toe. Gee jou oor aan die liefde - saam met Helenè
Bester!
Helenè Bester gesels oor die liedjies op haar splinternuwe album. Oorgee :
"Mamma" - Lirieke: Helenè Bester: "Net 'n versekering aan 'n moeder dat sy haar nie
oor haar dogtertjie hoef te bekommer nie. Ons sal dogtertjies bly en tot die beste
van ons vermoeëns keuses probeer maak wat goed en reg is."
"Oorgee" - Lirieke: Helenè Bester: "Oor sterk liefdesgevoelens. Die liefde is sterk, die
gevoel oorweldigend, maar jy mag niemand bind nie. As ons moet groet, sal dit fine
wees, sal hom mis, maar dis hoe dit is.
"Soos die winde waai" - Lirieke: Sarah Theron. "'n Lekker ligte liefdesliedjie vir iemand
in die Boland. Dié meisie is baie verlief en sy wonder of hy weet hoe sy oor hom voel.
'n Gewisse treffer!"
"Droom en dans" - Liriek: Hilandi du Toit: "'n Liefdesliedjie vol hoop; 'n positiewe
liefdeswens."
"The white rose of Athens": "Dis 'n pragtige lied. Ek moes dit opneem!"
"Lig" - Lirieke: Hilandi du Toit: "Opregte liefde kan lig in jou lewe bring."
"Babbeliboe" - Lirieke: Helenè Bester: "Dis 'n liedjie vir my sussie se seuntjie,
Christiaan. Dis 'n effense wiegeliedjie, maar dis ook 'n briefie om hom van my bestaan
en my liefde vir hom te vertel."
"Danny boy" - "Ook bloot net 'n liedjie wat tydose bekoring inhou."
"Sonneskyn" - Lirieke: Helenè Bester: "Die winter is verby en ek nooi sonskyn in almal
se lewens in!"
"Kom rus 'n bietjie hier" - Lirieke: Helenè Bester: "'n Liedjie wat ander gerus stel met
die wete jy is daar vir hulle - met 'n veilige hawe, 'n tuiste, 'n rusplek."
"I have a dream": "Toe ek onlangs weer na dié Abba-treffer luister, het dit meteens 'n
ánder, dieper betekenis gekry. Ek droom ook dikwels - meestal om uit sekere
ongemaklike ervarings of slegte situasies te ontvlug."
"Ek het jou lief" - Liriek: Hilandi du Toit: "'n Stef Bos-komposisie. Van die mooiste
liefdesverklarings nóg!"
"Gelukkig mens" - "In dié liedjie deur André Swiegers is die boodskap bloot oor die
genot van samesyn, oor die deel van liefde en lewe en dit maak nie saak hoe ryk of
arm of hoe oud of modern jou kar is nie. Dit gaan slegs om jul liefde vir mekaar."
"Kersfeesliedjie" - 'n Mooi beskrywing van Kersfees deur Jeanette Cilliers.
"Habanera" - Helenè Bester se interpretasie van die storie van Carmen in Afrikaans.
Helenè Bester se derde album, Oorgee, is 'n versameling sonnige musiek. Koop / Buy Oorgee ...