AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . WaarmakerNá verkope van digby die tweemiljoen albums bied die SA superster Steve Hofmeyr sy negentiende album: Waarmaker. Oor dié album sê Steve: "Ek het nog nooit een CD gehad waarin die lirieke verraai hoeveel ek hoop en droom nie, dat die goeie goed sal bly en dat die minder goeie sal weggaan. Waarmaker is liedjies oor geloof en hoekom ons nie altyd die waarmaker van ons diepste wense kan wees nie." Steve sê hy voel baie meer tuis in sy liedjieskoene en hoef nie meer te wroeg oor wat hy sing, cover, skryf of uitlaat nie. Dis 'n album met deernis en soms erns - en skop af met elke mense se diepste wens: "Sê nou". Die lewe is egter nie (net) 'n sprokie nie. Daarom is daar slegs een speelse liedjie hierop: "Donkie-song", wat, saam met Steve se eietydse weergawe van "Amarillo (show me the way)" dansvloervreugde sal verskaf.
Dit is 'n uiters persoonlik stuk werk en hierop bied hy ook sy eerste gospellied in 'n lang tyd: "God se beledelaar", verwerk op die melodie van "St. Elmo's fire". "Ek is soms bang om grootsheid te verwoord en ek het op die melodie van St. Elmo's fire besluit omdat dit reeds in my skooldae bygebly het en dié majestieuse wysie hom leen tot iets magies." Die resultaat is 'n geestelike lied waarin daar nie ligtelik met gewyde teks omgegaan word nie. In die gees van hoop bied Steve die liedere "Adore" (in puik duet met Claire Johnston van Mango Groove-faam), "Daai blerrie droom", "Laaste rondte" en "My droom die". Tussen die albumgenietinge is die bittersoet musikale karakterskets oor "Windgat de Klerk" - in duet met Denver Vraagom se getroue kalirds-taalvertolking; en gepoets met die sestigjarige se heerlike 6/8-maatstyl. Hierop kan jy close dans! Eweneens verleen hy eiesoortigheid aan die tydlose gunsteling "Dedication". Soos gewoonlik gaan Steve eiesoortig om met die liefdesballade en dit doen hy weer met die ritmelied "Hermanus", waarin 'n selfblik nie uitbly nie. Een van die opwindenste liedjies op die album is die snit "Verjaar" - 'n herdenkingslied vir die viering van die liefde. In die gees van hoop, geloof en liefde bevat die album ook Steve (met vokale inkleding deur Claire Johnston) se eietydse weergawe van "Storybook story". Die produksie is getrou aan die groot Steve Hofmeyr-klank, meer rockgekleur - met Andries Botha se kitaar en agtergrond stemwerk. Steve se Waarmaker-toer in 2008 gaan 'n vol orkes benut. Die produksie - in samewerking met Kevin Kruger - is opwindend, met onvoorspelbare, vernuwende wendings, reuse-orkestrasie en Steve se beste stemwerk op CD nóg. Dié album fokus nie net op sy vernuf as liedjieskrywer nie, maar dit plaas ook Steve as sanger op die voorgrond: 'n sanger wat boei met vokale veelsydigheid en afwisselende stemskakering. 'n Entjie in ná die ontlading-slotsnit, kry jy (as "versteekte") snit op marsmaat 'n gelowige trotskreet en 'n skeut konsertinagenot met die saamsingvreugde "Die trekliedjie". Geluk lê net om die draai! Dit is Steve Hofmeyr se Waarmaker. 'n CD vol drome - én hoop! |
Musiek |