Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Die Grafsteensangers

Noem maar 'n kerkkonsert, 'n skoolopvoering of sommer net 'n lawwe kampkonsert, en hulle is dáár, Die Grafsteensangers. Dikwels in 'n kwalik-bedekte veranderde naam: Die Meulsteensangers, Die Begrafnisgangers en vele meer. Maar wie is die 'mees nagemaakte vermaaklikheidsgroep' in die land?

Die Grafsteensangers bestaan uit 13 lede met ouderdomme wat wissel van 16 tot 83. Hierdie unieke groep mense se liefde vir musiek is die magneet wat almal bymekaar hou. Saam dryf hulle naweek na naweek hul ondersteuners tot trane wanneer hul met komiese sang en toneelspel die lagspiere totaal uitput.

Die Grafsteensangers het tydens 1999 by die Aardklop kunstefees gaan kyk wat die publiek van hul dink, en om sommer 'n lekker naweek by 'n fees te geniet. "Die naweek het nog nooit opgehou nie! Ons sing, en geniet dit, nog steeds." Tydens dié fees is hulle ook benoem vir die prestige Aardvark-toekenning vir innoverende werk.

Die groep het daar bekend geraak en sedertdien het 5 CD's, 'n video en 'n DVD die lig gesien. CD's nommer 3 en 4 is albei bekroon met 'n GMT-prys vir Beste Humoristiese Album. CD 5, genaamd Tannie met die Rooi Rokkie is so pas vrygestel en is volgens kenners die groep se beste ooit! Die groep het in 2007 'n SAMA nominasie gekry vir die opgewekte dog treurige CD. Die DVD Die Grafsteensangers - Lewendig word ook hoog aangeprys .

Die Grafsteensangers is in 2005 deur die ATKV benoem as Akfrikone vir hul lojaliteit teenoor die Afrikaanse kultuurerfenis en die inspirerende manier waarop hulle Afrikaans bevorder.

Die Grafsteensangers

Die groep bestaan uit die Weduwee, haar Rowwe Broer, die Suster, die Skoonsuster, Tweeling gebore tussen huwelike, die Oupa, die Ondernemer, die Hollander Toets van Boorgate en sy seun Pomp, die Grafgrawer, die Klynneef en word bygestaan deur hul tegniese ingenieur, die Draadloosmekêniek.

Met musiek van die Vosbroers, die Sterlig sangers, die Briels en vele meer bekoor hulle almal van oud tot jonk met hul besondere aanbieding van sang uit die jare toet.

Kom luister en kyk gerus na die oorspronklike Grafsteensangers, die mees nagemaakte groep in die land!





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner