AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . Liedjieskryf-kursus nou op nasionale vlak aangebiedThe Songwriter's Toolkit, die nasionale program wat ontwikkel is deur die Kaapse liedjieskrywer Philip de Villiers, word vanaf 16 April landwyd aangebied. De Villiers het al verskeie toekennings ontvang en sy werke word gereeld gehoor op RSG, Jakaranda, OFM en nog 30 ander radiostasies. Sy musiekvideo's is ook gewild op MK89 en Kyknet. Die kursus plaas sterk klem op die skryf van kwaliteit lirieke, 'n onderwerp wat volgens De Villiers erg afgeskeep word in Suid-Afrika. "Dis tyd dat ons die standaard van plaaslike lirieke op peil bring met dié van oorsee. Ons mense moet leer rym, en sterker beeldspraak gebruik." Die sakekant van die musiekbedryf word ook aangepak - die studente word verplig om by SAMRO te registreer, en hulle verdien hul eerste tantieme reeds met 'n gala-geleentheid aan die einde van die agt-weke siklus. "Om jou eerste tantieme-tjek te ontvang, is seker die trotsste oomblik van enige liedjieskrywer se loopbaan," sê hy. Dit word in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en Durban aangebied deur professionele liedjieskrywers wat reeds hul merk gemaak het in die plaaslike industrie. De Villiers bied ook 'n dinamiese sangkursus, Vivacious Voice, aan in dieselfde stede. "Vivacious Voice en The Songwriter's Toolkit werk in 'n perfekte simbiose. Liedjieskrywers leer behoorlik sing, en sangers leer om hulle eie materiaal te skryf." 'n Gala-geleentheid word vind plaas vier maal 'n jaar in Gauteng, Kaapstad en Durban. Groot platemaatskappye soos Universal Music en agente in die musiekbedryf word genooi na dié geleenthede om blootstelling te bied aan liedjieskrywers en sangers. 'n Korrespondensie-weergawe van The Songwriter's Toolkit word aangebied sedert Oktober 2007. "Die internet stel my in staat om studente te bereik op die platteland. Dis belangrik dat hierdie inligting nie net vir stedelinge beskore is nie." Die eerste volskaalse liedjieskryf retreats word in die Drakensberge en McGregor onderskeidelik aangebied einde September. Die fasiliteerders is almal óf gesoute musikante, soos Robin Auld, of rolspelers in die musiek-sakebedryf soos Ryan Hill van Universal Publishing. Beurse word uitgeloof aan talentvolle liedjieskrywers en sangers van benadeelde agtergronde. De Villiers poog om in 2008 tagtig beurse ter waarde van byna R150 000 uit te loof. "Dit kos my niks om twee ekstra sitplekke op elke kursus beskikbaar te maak aan talentvolle musikante nie. Ek het verlede jaar 15 beurse beskikbaar gemaak. Ek hoop die media kan my help om hierdie weggesteekte talent te bereik. Hulle kry blootstelling by ons gala-aande wat elke drie maande plaasvind in al die stede. Ons het reeds 'n suksesverhaal met Nomfusi Gotyana van Kayalitsha wat by die afgelope gala geleentheid in Kaapstad deur Universal genader is vir 'n platekontrak." De Villiers het ook in 2007 die nasionale Vivacious Voice liedjieskryf-kompetisie aangebied, wat prysgeld van R10 000 aan die Kaapse jazz-sensasie Emily Bruce uitbetaal het. Sy nuwe kompetisie, "Lirieke sonder brieke," word in Junie geloods. Vir besprekings vir sy kursusse, skakel Collette op 0826211305 of e-pos info@vivaciousvoice.com webwerwe: www.songnursery.com of www.vivaciousvoice.com |
Musiek |