AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . My naam is LollosDaar is 'n nuwe wesentjie uit die buitenste ruim en sy naam is Lollos! Lollos woon op die planeet Lala-land en hy is mal oor lag en speel en dans. Alta Joubert en Minki Burger is albei ma's en hulle het besef dat daar nie genoeg energieke, jong, danserige, spelerige en opvoedkundige CD's is vir hul kinders in Afrikaans is nie. Om dié rede is Lollos geskep. My Naam is Lollos! is 'n opwindende CD vir die kleingoed. Die CD bevat 25 snitte met wonderlike nuwe liedjies maar ook 'n paar ou FAK-gunstelinge wat bietjie opgehelder word. Van die liedjies op die CD is "Bobbejaan klim die berg", "Hoe maak die Krokodil?", "Die Tandemuis", "Hansie Slim" en "Siembamba". Die doel van die CD is om kinders aktief te kry en saam te dans met elke liedjie, maar dan ook ietsie te leer. Om die rede is liedjies soos "Die Alfabet", "Een tot Tien", "Januarie Februarie Maart" en "4 Seisoene" ook ingesluit. As jy dus eers Lollos se CD aansit, kan ons jou belowe dat jy nie sal kan stilsit nie!
|
Musiek |