Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sÍgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Sanlam-Nasionale Musiekkompetisie - Goud en silwer vir pianiste

Met ses pianiste onder die agt deelnemers in die finale ronde van die 20ste Sanlam- Nasionale Musiekkompetisie wat Vrydagaand (26/9) in Parow ten einde geloop het, was dit nie 'n verrassing dat een van hulle met die goue medalje huis toe is nie. Lezanti van Sittert (12) van Pretoria is as algehele wenner aangewys, terwyl nog 'n pianis, Steven Chang (12) van Durbanville, die silwermedalje in sy sak gesteek het. Die bronsmedalje behoort aan die Kaapse jong violissie Jessie Brand (11), ook van Durbanville.

Die kompetisie is in die ouditorium by die Musieksentrum Hugo Lambrechts in Parow, Kaapstad afgehandel met 64 deelnemers van feitlik oral in Suid-Afrika in die eerste twee rondes, 22 in die derde en agt (ses op klavier, een op viool en een op blokfluit) in die finale ronde.

Benewens algehele wenner, is Van Sittert ook die wenner van die afdelingsprys vir Klavier. Sy is in graad 6 van die Laerskool Theresapark en 'n student van Claudine van Breda van Pretoria.

Die ander drie afdelingspryse is gewen deur:

Jessie Brand, 'n graad 6-leerder van die Laerskool Herschel in Kaapstad en student van prof. Jack de Wet (Strykers);

Nicholas Redelinghuys (13), op klarinet en in graad 7 van die Voorbereidende Skool St John's in Johannesburg en student van Allan Thompson (Hout- en Koperblaasinstrumente) ; en

Fladia Buongiorno (13, op blokfluit, student van Olivera NikolŪc van Lyttleton) van die Laerskool Glenanda, Bassonia, Johannesburg (Ander Instrumente, vir die tweede agtereenvolgende jaar).

Die kleine Landi Schaap (10, klavier) van die Laerskool Lynnwood, Pretoria is as die belowendste kandidaat in die ouderdomsgroep 10 en jonger aangewys, en Jeremy Choi (13, ook op klavier), van die Laerskool Gene Louw in Durbanville en student van Alta Klopper, as die beste student uit die Tygerberg-streek van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Musiekonderwysers.

Nog 'n pianis, Margie Fan (12 en in graad 7 aan die Voorbereidende Skool Umhlati in KwaZulu-Natal), het die prys ontvang vir die beste uitvoering van 'n Suid-Afrikaanse komposisie vir haar vertolking van A. Johnson se Jazz Impromptu.

Die pianiste Gina Horscroft (12) van die PrimÍre Skool Lynnwood in Pretoria, Roelof Temmingh (11) van die Laerskool Stellenbosch en Elizabeth Bekker (13) van die Laerskool Constantiapark, Pretoria het ook tot die finale ronde deurgedring en by die galakonsert opgetree.

Afgesien van hul ander pryse, het die vier afdelingswenners elk 'n Unisa-musiekbeurs ontvang vir gratis eksamens aan diť universiteit.

Die Sanlam-kompetisie word jaarliks vir leerders tot en met graad sewe aangebied deur die Tygerberg-tak van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Musiekonderwysers. Die oogmerk is om belowende jong musiekstudente te identifiseer en hulle reeds in 'n vroeŽ stadium die geleentheid te bied om op nasionale vlak mee te ding. Die deelnemers word by oudisies in die hoofsentra van die land gekeur.

Dit is die enigste kompetisie van diť aard vir laerskoolleerders in die land en was die afgelope 20 jaar reeds vir verskeie jong Suid-Afrikaanse musici die eerste trappie op die pad na selfs internasionale roem.





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner