Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Klavierkuns met Spencer Myer

Die volgende aanbieding op die 2008-konsertprogram by Hugo Lambrechts in Parow is die befaamde jong Amerikaanse pianis Spencer Myer op Sondagaand 2 Maart om 19:00.

Myer het vroeër die maand by 'n uitvoering in die Baxter weer sy buitengewone talent ten toon gestel. In Parow sal musiekaanhangers hom in aksie sien as solis saam met Hugo Lambrechts se senior simfonie-orkes, wat self 'n puik reputasie opgebou het.

Die konsert word deur die Musieksentrum Hugo Lambrechts aangebied ten bate van sy trustfonds wat daardie aand van stapel gestuur word vir ontwikkelingsprojekte by die sentrum.

Die HL-orkes staan onder leiding van Leon Hartshorne en lewer 'n voorprogram betaande uit:
"Carnival Romain" (H. Berlioz); en
"Rosenkavalier Walzer" (R. Strauss)

Myer as solis saam met die orkes sal die program afsluit met
E. Grieg se klavierkonsert

Myer is besig om as een van die voortreflikste jong pianiste van sy tyd gevestig te raak by optredes wêreldwyd - meer spesifiek Noord-Amerika, Kanada, Europa, Afrika en Asië - saam met orkeste en in solo-uitvoerings en kamermusiekprogramme - te veel om op te noem.

Hy het in 2005 'n doktorsgraad in Musiekkuns aan die Universiteit Stony Brook behaal. Die jaar vroeër het hy Unisa se 10de internasionale klavierkompetisie totaal oorheers deur nie net die eerste prys te wen nie, maar ook die spesiale pryse vir die beste uitvoering van 'n Bach-werk, die halfeind-uitvoering en albei concertopryse in die eindronde in te palm. Myer was ook 'n pryswenner in die volgende internasionale klavierkompetisies: die 2007-William Kapell, 2005-Cleveland, 2005-Busoni (hy wen ook die gehoorprys), 2004-Montréal en 2003-New Orleans.

Die HL-orkes handhaaf 'n uitstekende halfprofessionele vlak en sy jaarlikse concertofeeste is klassieke musiekhoogtepunte in die Tygerberg en omstreke.

Kaartjies teen R100 p.p. (R80 vir pensioentrekkers) is beskikbaar by die Sentrum (Heidi, 021 939 9105) of van 18:00 af voor die konsert by die loket.





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner