AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . Treffer na Treffer 2Daar is bloot g'n einde aan die treffers nie! Hier is nog 40 trefferparadespoggers op 'n uitklop-dubbelalbum! Dit is nie toevallig dat talle van die kunstenaars wat op Select-Musiek se dubbel-CD Treffer Na Treffer 2 versamel is, ook SAMA-benoemdes en -wenners is nie! 21 jaar lank is Select-Musiek die leier in gehaltetreffers. Tussen vanjaar se Samabenoemdes is die prins van Afrikaanse dansmusiek, Kurt Darren, en die poprockridder Nicholis Louw. Op dié album kry musiekliefhebbers ook treffers van die ritme-countrysterre Fredi Nest, Ray Dylan en Die Campbells. Ook met dié gewilde latte: André Schwartz, Robbie Wessels, Pieter Koen, David Fourie, Jakkie Louw, Wicus van der Merwe en die nuweling Dewald Dippenaar. Die girls van Shine4 verlei en Sarah Theron, Amore Vittone, Elizma Theron en die internasionale disko-ster Cascada bied vroulike vokale bekoring. Hulle is almal saam op CD1. Die tweede CD versamel werk van tydloses soos Smokie en Bellamy Brothers, teenoor die byderwetsheid van Vanilla Ninja en Fabrizio Faniello. Ook met ballades en die vokale prag van Mel Botes, Amanda Luyt, Manuel Escorcio, Helenè Bester, Ons Eie Tenore en die ontslape musiekster Janita Claassen. Met tydlose duette deur Phillip & Ella Kotze en Francois & Elizabeth Fourie.
Die twee CD's bied musiek vir uiteenlopende geleenthede: vir die dansbaan, by kerslig, by die braai, langs die see op die strand en, veral, op die radio en boaan die treffersparades. TNT dit! |
Musiek |