Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Vrydagaand / Saterdagaand

Valiant Swart se nuwe album, Vrydagaand / Saterdagaand is op 19 Maart 2008 uitgereik. Die CD word uitgegee deur Rhythm Records en versprei deur SMD.

Na die sukses van 2007 se boeremusiekalbum saam met Ollie Viljoen, tree Valiant nou weer na vore met 'n solo-album vol van die soort liedjies waarmee hy in die vroeë 90's sy merk begin maak het. Die album bevat dertien splinternuwe snitte. Daar is die gebruiklike musikale mengsel van country-blues, boeremusiek, folk en soul-ballades, soos altyd gekombineer met treffende lirieke uit die deurwinterde liedjieskrywer se pen. Vir die eerste keer sedert 1996 se Kopskoot is daar ook (3) Engelse liedjies op die CD.

Die laid back stemming van die album getuig van 'n gestroopte, eerlike produksie. Behalwe vir die enkele snitte met perkussie en ekstra vokale harmonieë, het Valiant self al die singwerk gedoen en instrumente bespeel: kitare, dobro, baskitaar, bekfluitjie, klawers, selfs 'n outydse trompie op die titelsnit.

Valiant: "Die vorige paar albums was almal groot produksies met yslike begrotings en dosyne musikante. Ons was elke keer vir weke en maande in die studio. Ek was lus om vir 'n slag 'n mooi oop, skoon album op te neem, binne vyf dae, nes destyds," aldus die veteraan van dertien voorafgaande CD's. "Ek wou wegbly van die groot kitaarsolo's, die strykers, die blasers, die orrels en die klaviere, met alle liefde en respek. Die kernwaarde van die liedjie was vir my op hierdie album die mate waartoe ek met die mins moontlike versiering steeds die volle impak van die woorde, die melodie en die tempo kon oordra. Ek wou dit aanvanklik net met stem, kitaar en mondfluitjie doen, en alhoewel 'n hele paar van die liedjies toe so opgeneem is, het sommiges vir 'n ietsie meer gevra. Daar is dus ook 'n paar tamboere, simbale en ekstra kitare aanwesig, en 'n eensame klavierlyntjie hier en daar."

Vrydagaand / SaterdagaandDie album word instrumentaal inderdaad oorheers deur akoestiese kitare. Op slegs twee snitte verleen 'n heuning-warm elektriese kitaar tematiese ondersteuning.

Van temas gepraat: die lirikale inhoud van die album is gevarieerd, dog samehangend in hul bittersoet inslag. Van soet-en-stout liefdesliedjies, sardoniese sosiale observasies, dekadente laatnag-avonture, perdfris humor en deernisvolle terugblikke, voer die verse jou mee na die sanger se milieu van karakters, kitare, staaltjies en, soos hy dit self stel, "versoeking en sonde, verwyt en vergifnis, verlies en versoening, heimweë en hunkering, ontnugtering en vervreemding, geloof, hoop en liefde. Daar is ook 'n vierdubbele moord, twee of drie natuurlike sterftes, 'n paar tronke, 'n paar hotelle en 'n stad sonder 'n naam. En eende en duiwe. Onder andere."

Vrydagaand / Saterdagaand is 'n Valiant-album soos sy aanhangers hom leer ken en bemin het: sardonies, skerpsinnig, sielvol en by tye donker en broeiend, maar altyd ook vol humor en liefde. Jou huis en jou kar is leeg sonder hierdie een.
Koop / Buy Vrydagaand / Saterdagaand MP3's ... (net een of almal)





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner