AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . X MeisieBabette se unieke styl en moderne voorkoms onderskei haar van ander kunstenaars. Met haar passie vir die musiek, drama- en modewêreld sal sy haar eie stempel op die SA-mark afdruk. Haar debuut album getiteld X Meisie word is vrygestel deur Next Music en 'n baie opwindende video vir die eerste snit sal een van die dae te siene wees op SA-TV! Babette is hardwerkend, intelligent en absoluut gefokus op haar loopbaan. Sy studeer drama en ontvang intensiewe opleiding in klassieke en ligte musiek. Al is Babette 'n veelsydige sangeres verkies sy die pop-rock genre. Sy het ook 'n TV-aanbiederskursus by die SABC voltooi. In 2005 vertolk sy die hoofrol in 'n toneelstuk vir die Tshwane toneelfees en verower 'n beurs om drama te studeer aan TUT. Babette tree op vandat sy 11jaar oud is, sy het selfvertroue en die gehore reageer positief op haar. Sy tree by skole, kunstefeeste (bv. KKNK, Aardklop), korporatiewe funksies ens. op en het al op verskeie TV-programme verskyn. Babette was tweede in die senior afdeling van die Eurovision - Africavision liedjieskryfkompetisie en is uitgenooi om die Eurovision-kompetisie in Europa by te woon met haar liedjies "Falling" en "That`s how it`s gonna be". Sy word geinspireer deur mense soos Madonna, P!nk, Avril Lavigne en Brody Dalle (The Distillers). Babette is baie sosiaal en geniet dit om saam haar vriende te kuier. Babette is talentvol en kreatief. Dit word weerspieël in haar voorkoms en optredes. Haar styl word nagevolg deur vriende en aanhangers.
|
Musiek |