AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by National Treasure: Book of SecretsJMMet: Nicolas Cage, Jon Voight, Helen Mirren, Harvey Keitel, Ed Harris & Diane Kruger Na 'n lang vakansie in 'n halfwoestyn in Amerika is daar niks beter as 'n groot Coke en 'n fliek nie. Aanvanklik het ek nie fliek gemis nie. My aandag is afgetrek deur die onbekende omgewing en fliek is deel van my werksroetine, wanneer my konsentrasie afneem staan ek op en gaan fliek. Maar amper 'n maand sonder flieks is nie grappies nie. Ek het later begin prentjies teken in die sand of my soms verbeel ek is Indiana Jones tussen die rotse. My skoene was nog vol woestynsand toe ek my eerste fliek vir 2008 gaan kyk, National Treasure: Book of Secrets Krities beskou is die storielyn van die film onsinnig. Geskiedkundige gebeure word onderstebo gedraai om 'n ongeloofwaardige nuwe realiteit te skep. Ek weet sommer dat iewers in die wêreld een of ander japie vorentoe die twak as die waarheid gaan verkoop.
Die rekenaarwerk is al komponent van die fliek wat baie goed is, dit plaas die fliek 'n trappie bo sy voorganger. Soms moet mens egter jou kritiese hoed afhaal en vra of die fliek vermaak of nie. National Treasure: Book of Secrets is lekker vermaak solank jy nie te veel daaroor dink nie. |