Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Quantum of Solace

JM

Met: Daniel Craig, Judi Dench & Paul Haggis
Regisseur: Marc Forster

Ek kan al die gesprek hoor op Tukkies se kampus.
"Het jy al die nuwe Bond fliek gesien?"
"Nee, wat is die naam?"
"Hmmm ... K... Ag man, Sol iets."

En dit is nie net sekere Afrikaanssprekendes wat gaan sukkel met die naam nie. In die VSA sukkel hulle net so. (nie dat hulle al ooit kon Engels praat in die VSA nie :-))

Die naam is nie al waarmee fliekgangers gaan sukkel nie. Indien jy Casino Royale gemis het gaan jy ook nie heeltemal verstaan wat die bohaai is oor Mr White in Bond se bagasiebak nie. Quantum of Solace trek (letterlik) weg waar Casino Royale eindig.

Quantum of SolaceDaniel Craig doen die skop, skiet en ander Bond-dinge, maar (soos reg voorspel in Casino Royale) raak dit al minder van 'n gesinsuitstappie. Q se fieterjasies en Moneypenny se afleiding is iets van die verlede. Bond is ernstig en hy vat nie nonsies nie.

Jy word aanhoudend gepeper met aksie. Dit is nogal 'n uitstaande eienskap van Quantum of Solace. Daar is mooi agtergronde, jy kan dit amper raam en in jou sitkamer hang, terwyl die aksie op die voorgrond brutaal is.

Daniel Craig begin al hoe meer lyk soos dié moderne Bond. Hy pas ewe perfek in 'n pak en met letsels van 'n geveg op sy lyf.

Beste Bond fliek nog!
En nou moet julle my verskoon, ek gaan vir my 'n Bond-martini meng. Iewers in die fliek rammel 'n kroegman die resep af.
8 uit 10

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner