AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Sweeney ToddJMMet: Johnny Depp, Helena Bonham Carter, Alan Rickman & Sacha Baron Cohen Wanneer jy baie kwaad is vir iemand is jou gevoel en die feit dat jy sê jy is kwaad nie altyd genoeg nie. Soms moet jy 'n mes uithaal. En maak seker jy oefen 'n paar keer voor jy by jou eintlike teiken uitkom. Terwyl jy besig is kan jy sommer vleispasteie maak van jou slagoffers en dit verkoop. En sing ... Bogenoemde is min of meer die verloop van Sweeney Todd, die bloedigste musiekblyspel om ooit op die groot skerm te draai. En net voor jy besluit dit is nie vir jou nie, let wel, hierdie sal beslis een van die beste films van 2008 wees. Tim Burton en Johnny Depp was maar nog altyd 'n goeie kombinasie, dink maar aan Edward Scissorhands (1990), Ed Wood (1994), Sleepy Hollow (1999) en die meer onlangse Charlie and the Chocolate Factory (2005). Die geanimeerde Corpse Bride (2005) met beide Johnny Depp en Helena Bonham Carter verdien ook vermelding. Dit is vyf baie goeie films, sommige uitsonderlik, en nommer ses volg in hulle spoor.
Wat die musiek betref word die komposisies mooi uitgevoer en die sang is so goed soos kan verwag word van die betrokke akteurs. 'n Grusame spulletjie waaraan Burton 'n diepte verleen en met grasie aanbied. |