AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Bridget Jones: The Edge of ReasonMet: Renée Zellweger en Hugh Grant Schalk Burger is meer fem as Bridget Jones! En ek bedoel Schalk Burger Senior! Wat het van die ou plompe Bridget geword? Sy is ´n heel ander persoon in die opvolgprent. Die opvolg steek maar sleg af teen die oorspronklike Bridget Jones's Diary. Ek dink dis die regisseur se skuld. Wat het hulle besiel om nie weer vir Sharon Maguire te gebruik nie? Wat die rede was vir ´n opvolg sal net die geldwolwe van die filmwêreld weet. Bridget Jones het nog steeds so baie probleme dat sy gerus vir Dr Phil kan gaan spreek. Die regisseur slaag egter nie daarin om die vroulike wroeginge so goed uit te beeld nie. Die gevolg is dat Bridget oorkom as 'n oorgewig (butch) Charlie Chaplin eerder as ´n venster op die vroulike psige. Die hele film raak ´n oefening in slapstick. Moet nie die ou Bridget verwag nie. |