Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Brokeback Mountain

Met: Heath Ledger, Anne Hathaway & Randy Quaid
Regisseur: Ang Lee

Om een of ander rede is almal onder die indruk dat Brokeback Mountain die storie is van twee cowboys wat mekaar bloots ry. Is nie waar nie!

Ang Lee skets 'n treurige liefdesverhaal. 'n Romantiese verhaal wat enige plek en tussen enige twee mense kon plaasvind.

Die twee cowboys hou van alle dinge wat enige boer van Magaliesburg se tone sal laat omkrul. Kamp, diere en allerhande seuntjie goed. En soos dit maar altyd is gebeur daar dinge na te veel brandewyn (kon netsowel wees) een aand. Later vat elkeen vrou, maar die liefde druk jy nie so maklik onder 'n emmer in nie.

Heath Ledger lyk kompleet soos 'n man wat alles van vrees tot woede versteek. Goeie vertolking!

Indien jy bekommerd is oor die (enkele) sekstonele, dit is in goeie smaak gedoen. Hierdie is 'n tipiese Ang Lee film (soos Eat Drink Man Woman, Sense and Sensibility, Crouching Tiger, Hidden Dragon en Hulk).

So volgende keer as jy twee Magaliesburg boere sien leun oor hul karatiewater in die kroeg en diep in mekaar se oë staar, is dit dalk net die liefde.
8 / 10


Laurette

Ja, dit is waar wat julle sê, my man is 'n blou bul en het glad nie van die fliek gehou nie, waar ek weer my oë uitgehuil het. Om lief te word vir iemand kom gouer as wat mens dink en liefde het nie perke nie.

Wie gee ons die reg om te oordeel of dit reg of verkeerd is, elke mens kan sy eie besluite maak. Maar net onthou om sy eie gevolge te dra. Hoekom is mans so anders as vrouens? Vroumense aanvaar meer dinge, verwerk goed beter. Ek is 'n ouer van tieners en ek het myself al baie die vraag gevra: As ek moes kies of my kind 'n dwelverslaafde of gay moet wees, wat sal ek kies? Gay natuurlik, ek hoef nie eers daaroor te dink nie.

In my lewe het ek saam met baie gay mense al gewerk, en baie het al vir my gesê na 'n paar brandewyne kan baie mans maar gay draai, dit laat 'n mens dink!!!!!

Ek het die fliek baie geniet maar ek moes dit alleen gekyk het sonder die kommentaar.

Mooi bly en lekker fliek!

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner